
Baie van die besoekers aan die Nampo-oesdag bedryf ’n gemengde boerdery. Gevolglik is meganisasie vir doeltreffende plaaswerk en tegnologie wat presisieboerdery moontlik maak, uiters gewild. Boere, beleggers, verskaffers en kundiges van oor die hele Suid-Afrika maak jaarliks ’n plan om dié invloedryke skou by te woon.
“Meganisasie-uitstallings het oor die jare uitgebrei. Ons ontvang jaarliks versoeke van bestaande uitstallers om groter uitstalruimte danksy reekse wat uitbrei en werktuie wat groter word,” sê mnr. Toit Wessels, assistent-bestuurder van bemarking en Nampo by Graan SA. Bekostigbare oplossings is volop, en alles – van praktiese en basiese meganiese werktuie tot hoogs gesofistikeerde tegnologie wat boerdery op groot skaal presies laat verloop, word uitgestal.
Vanjaar se oesdag het ’n by komende element – die tasbare opgewondenheid onder uitstallers om weer self met hul klante te gesels ná twee jaar se afwesigheid weens covid-19- inperkings. “Die afgelope twee jaar het die mark bly groei, wat ’n goeie ding is, maar daar was heelwat probleme,” sê mnr. Jaco du Preez, produkbestuurder by New Holland.
“Alle fisieke bemarking, boeredae en skoue is elektronies gedoen. Dit was nie ideaal nie, want ’n mens mis die regstreekse interaksie.” Daarom, sê hy, is New Holland se span opgewonde om terug te wees op die Nampooesdag. “Ons sien uit om met elke klant, bestaande of potensieel, te gesels oor waarmee ons hulle kan help om hul toekoms beter te maak.”
Hy sê New Holland is nie net ’n trekkermaatskappy nie. Hy brei sy reeks verder uit na werktuie en plaas ’n groter klem op produkte wat hy reeds verkoop. “Dinge beweeg stadig terug logistiek en produksie moes ook in die afgelope twee jaar oorkom word. Die impak van die probleem met verskaffing het daartoe gelei dat Rovic Leers planne beraam vir verder in die toekoms.
“Voorheen het verskaffing van oorsee gemiddeld vier maande geduur. Nou duur dit minstens ’n jaar,” het mnr. Willie Human, sakebestuurder in Johannesburg, onlangs aan Landbouweekblad gesê. Ten spyte van dié kwessies bly dit Rovic Leers se doelwit om die klant se bedryf te verstaan en saam met hom sy boerdery doeltreffend te bestuur. ’n Geleentheid wat die Nampo-oesdag hom bied.
“Dit is vreemd om te dink dat ons drie jaar laas op Nampo uitgestal het. Dus is Rovic Leers behoorlik uitgehonger om Suid-Afrikaanse boere die nuutste tegnologie in landboumeganisasie te wys.” Vir Case IH is vanjaar se oesdag nie net spesiaal omdat dit die eerste in drie na normaal, maar hierdie ‘nuwe normaal’ is nie dieselfde as vantevore nie.
Dinge word anders, produktiewer en doeltreffender gedoen.” Om weer op die oesdag te wees, is iets waarvoor hulle gewag het, sê mnr. Makgate Griffiths, verkoopsbestuurder vir bouwerktuie by John Deere in Afrika en die Midde-Ooste. “Ons het gehoop om laas jaar terug te wees, maar dit het nie gebeur nie. Jy kan net soveel klante per dag besoek.
Dit is die geleentheid wat Nampo bied. Die klante is almal daar. Jy kan met hulle gesels en hulle kan die masjinerie sien en meer uitvind daaroor. Vir ons gaan Nampo oor ons verhoudings met ons klante.”
Probleme, verandering en vooruitgang
Dit was egter nie net covid-19 wat ’n hindernis was vir vervaardigers, invoerders en verspreiders van landbouprodukte nie. Probleme ten opsigte van jaar is nie. Dié maatskappy vier ook vanjaar sy 180ste bestaansjaar. Die afgelope jaar het groot veranderinge ingehou vir die Case IH-handelsmerk met CNH Industrial wat sy plaaslike teenwoordigheid versterk het met die oorname van die Case IH-verspreider Northmec.
Sien wat is nuut
Vir maatskappye soos BHBW is dié skou ook die plek om sy jongste modelle uit sy staatmakerreekse aan die publiek bekend te stel, asook sy industriële skoonmaaktoerusting wat hy nuut by sy portefeulje gevoeg het. Argo gaan na die oesdag met sy X8-trekkers. Boere kan dus eerstehands sien waaroor sy klante met soveel tevredenheid getuig.
Verskeie uitstallers bring nie net hul toerusting en werktuie na die skou nie, maar ook kundiges om te wys hoe dit werk en om die voordele te verduidelik. Maak tyd om met dié kundiges te gesels oor die beste meganisasie- oplossing vir jou plaas. Landbouweekblad se adverteerders in hierdie afdeling lê onder meer klem op die verskaffing van finansiering en versekering, trekkers, stropers en ander werktuie, spesialis- en algemene werktuie vir grondbewerking, mis- en kalkstrooiers, asook onderdele en bande.
Wees op die uitkyk vir spesiale aanbiedinge en nuwe werktuie wat op Nampo beskikbaar sal wees.