AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4787,8
-14,20
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10145
-65,00
WEAT
05 Okt
-
7198,8
29,80
WMAZ
05 Okt
-
4944
28,00
YMAZ
05 Okt
-
4865,2
9,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Pioneer spog met nuwe digitale tegnologie en kultivars op Nampo

akkreditasie
Pioneer het opwindende nuwe tegnologie en kultivars beskikbaar. Besoek die Pioneer-standplaas by Nampo en vind meer uit.
Pioneer het opwindende nuwe tegnologie en kultivars beskikbaar. Besoek die Pioneer-standplaas by Nampo en vind meer uit.
Besoek Pioneer se Nampo-stalletjie en sien alles wat dié maatskappy nuut bied.

Goeie redes vir Nampo-skougangers om Pioneer se stalletjie te besoek is die aanbod van nuwe digitale tegnologie vir aanbevelings oor kultivarplasings, plantestand en presisiebestuur.

Saam met dit is daar nuwe kultivars en genetiese tegnologie, asook raad oor hoe om beter besluite te neem rakende kuilvoer.

Digitale tegnologie

Wat digitale tegnologie aanbetref, is daar vele ontwikkelinge in die vooruitsig by Pioneer. Dié maatskappy streef daarna dat alles wat die boer nodig het om sy boerdery optimaal te kan bestuur, in die palm van sy hand moet pas: Agricultural Intelligence (AI) – tot die mag Pioneer!

Data is koning, maar net as dit reg geïnterpreteer en toegepas word. Daarvoor het Pioneer ’n nuwe digitale platform beskikbaar.

Genetiese tegnologie

Pioneer is bekend om sy genetiese tegnologie, en vanjaar is geen uitsondering nie. Leer by Nampo meer oor PowerCore™ – die verdediger teen bogrondse Lepidoptera-plae soos Busseola fusca en Chilo partellus. Die tegnologie bied omvattende beskerming teen genoemde plae.

Hierdie tegnologie is reeds in van Pioneer se geelmieliebasters beskikbaar.

Presisiebestuur

Pioneer glo daar is drie dinge wat moet saamwerk om ’n optimale opbrengs te lewer: Die regte kultivar moet in die regte grondsoort teen die regte plantestand geplant word. Die manier om dit te bereik, is om tegnologie, presisieboerderybeginsels en hoëtegnologieboerdery-insette te gebruik.

Die doelwit is om die inligting wat só ingewin is, as ’n diens aan boere te bied. Sekere unieke programme en digitale platforms wat slegs vir Pioneer beskikbaar is, stel die maatskappy in staat om dit reg te kry.

Met die toestemming van die boer word sy reeds ingesamelde inligting met Pioneer se data geïntegreer. Sodoende word bepaal watter kultivars die beste op sy plaas sal werk. Dit is in die vorm van ’n wisselbare presisiekaartskaal wat hy saam met sy wisselbare planter kan gebruik om die beste stand vir elke blok se grondpotensiaal te plant. Hierdie program sal ’n hoër akkuraatheid verseker en ’n voordeel vir al die partye beteken.

Nuwe kultivars

Pioneer het hierdie seisoen nuwe wit en geel kultivars vir droëlandtoestande en ook kultivars wat in die besproeiingsgebiede sal werk.

  • Die P1975-geelmielie het ’n uitstekende en stabiele opbrengspotensiaal vir oostelike produksiestreke het.
  • P2850BR en P2565WR het uitstekende opbrengspotensiaal vir die westelike produksiestreke.
  • Die ultravinnige geel besproeiingsbaster P1225 is die afgelope seisoen getoets met indrukwekkende opbrengsprestasies.

Kuilvoer

Boere gebruik opbrengste tydens die huidige seisoen om te besluit watter basters hulle die volgende jaar moet plant. Hul kan egter ’n beter besluit neem deur gebruik te maak van goeie gehalte opbrengsdata, sowel as gehaltedata uit proewe wat nou deur Pioneer gedoen word, met die samewerking van AgSci Unlimited Silage Consultancy.

Pioneer werk saam met plaaslike boere, kontrakteurs en wetenskaplikes om die beste resultate en inligting te bekom om boere te help om die beste keuses te maak vir hul kuilvoerpraktyke. Die verwagting vir ’n goeie kuilvoerkultivar kan verskil, aangesien die behoefte waarvoor dit aangewend word, kan verskil, hetsy as dierevoeding of in ’n melkery. Die grootste behoefte of verwagting lê by produsente, voedingkundiges en kontrakteurs wat betrokke is by die produksie en verbruik van kuilvoer.

Nampo-standplaas

Die bogenoemde is net ’n voorsmakie van wat Nampo-skougangers by Pioneer se stalletjie kan verwag.

“Ons aanbevelings rakende presisiebestuur is van die beste ter wêreld. Baie werk is al gedoen om voorskriftelike aanbevelings vir aanplantings te doen. By ons stalletjie sal kundiges gereed staan om jou meer te vertel oor hierdie presisie-inligting en hoe ons samewerking met vennote in die bedryf jou kan help,” sê mnr. Emile van den Berg, agronomiebestuurder by Pioneer.

Pioneer se Nampo-standplaas is by Roodebanksaal 4.  

Navrae:
Pioneer, webblad: www.pioneer.com/za of e-pos: info.rsa@pioneer.com


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.71
-0.4%
Rand - Pond
20.20
+0.1%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,717.72
-0.5%
Silwer
20.75
-1.5%
Palladium
2,314.50
-0.3%
Platinum
927.00
-0.7%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,918
+0.1%
Alle aandele
66,353
+0.1%
Hulpbronne 10
64,194
-0.6%
Industriële 25
80,336
+0.3%
Finansiële 15
14,150
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek beste maaitjie.
Hou van die buitelewe en hou van eerlike vriendkap. Hou om geheime te deel en saam lewe te geniet. Wil lewe geniet.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot