AFGRI
BEAN
25 Okt
-
7016,8
101,80
CORN
25 Okt
-
3306
53,00
SOYA
25 Okt
-
7302
61,00
SUNS
25 Okt
-
10620
-92,00
WEAT
25 Okt
-
5790
69,00
WMAZ
25 Okt
-
3230,6
90,60
YMAZ
25 Okt
-
3385,80
88,80
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Puik opbrengste maak boere opgewonde oor sonneblomme

akkreditasie
Die Agsun-sonneblomreeks van Agricol en opbrengsstabiliteit is sinoniem. Hierdie sonneblomreeks se goeie siekteweerstand en staanvermoë is ’n moet vir enige sonneblompakket vir die komende plantseisoen.
Die Agsun-sonneblomreeks van Agricol en opbrengsstabiliteit is sinoniem. Hierdie sonneblomreeks se goeie siekteweerstand en staanvermoë is ’n moet vir enige sonneblompakket vir die komende plantseisoen.
Die afgelope seisoen se sonneblomaanplanting het vele boere in hul skik gehad. Ondanks bogemiddelde reënval in sekere gebiede en laer hitte-eenhede is die seisoen se sonneblomaanplanting gekenmerk deur baie goeie graan- en olie-opbrengste.

Boere wat gewoonlik die Agsun-sonneblomreeks plant, het die afgelope seisoen wéér die genot van opbrengsstabiliteit eerstehands ervaar. Hier volg slegs ’n paar suksesverhale.

Ottosdal

Mnr. Louwrens du Plessis van die plaas Rietkuil in die Ottosdal-omgewing, Noordwes, het die afgelope seisoen Agricol se vlagskipkonvensionele kultivar, AGSUN 8251, aangeplant. Soos altyd het die kultivar se opbrengsstabiliteit weer bewys hoekom hy steeds die top- konvensionele kultivar op die mark is met ’n gemiddelde opbrengs van 2,6 ton/ha.

Du Plessis glo daarin om sonneblomme teen 45 000 tot 50 000 plante per hektaar te plant en versprei ook sy sonneblomplantdatum om siekterisiko te beperk. “AGSUN 8251 het nog altyd vir my ’n oes gelewer. Met sy goeie opkoms behaal ek ’n goeie stand en deur die loop van die seisoen val hy nie om nie, wat die oesproses ook makliker maak.

Sclerotinia was ook aansienlik minder op AGSUN 8251 as op ander kultivars die afgelope seisoen,” sê Du Plessis.

Reitz

Mnr. Francois Steyn van die plaas Flores in die Reitz-omgewing, Vrystaat, plant al geruime tyd die Agsun-sonneblomreeks. Hy sê die kultivars in dié reeks is van die beste op die mark beskikbaar wat op lang termyn ’n gemiddelde oes van 2 ton/ha kan lewer. Die voordeel van dié reeks is dat dit baie goed bestuif, ’n goeie pitgewig het en goed op verskillende grondsoorte aard.

Steyn het die afgelope seisoen AGSUN 5109CLP aangeplant en ’n gemiddelde opbrengs van 2,6 ton/ha met die kultivar behaal. Een van sy wenke aan ander boere is om nie ’n kans te waag met min bemesting nie.

“Sonneblomme moenie geplant word met die oog op ’n ‘vang-oes’ nie. Dit is ’n belangrike wisselbougewas wat voordelig is in konvensionele en minimumbewerkingstoestande vir die daaropvolgende gewasse.”

Wolmaranstad

Mnr. Jannes Holtzhausen van die plaas Strydpoort in die Wolmaransstad-omgewing, Noordwes, het die afgelope seisoen drie van Agricol se hoë-opbrengs Clearfield®Plus-sonneblombasters aangeplant, naamlik AGSUN 5103CLP, AGSUN 5106CLP en AGSUN 5109CLP.

Volgens Holtzhausen kom die Agsun-sonneblomreeks baie sterk op, wat ’n groot pluspunt is. Die kultivars se skepelgewig is ook beter as dié van opposisiebasters.

Holtzhausen het die afgelope seisoen ’n opbrengs van 2,5 ton/ha behaal met sy vroeë aanplanting van hierdie kultivars en sê sonneblomme kan “absoluut gesien word as ’n primêre gewas” met sulke opbrengste. Die laer produksiekoste en vroeë kontantvloei is ook ’n groot bonus vir enige boerdery.

Bothaville

Mnr. R.J. Joubert van die plaas Skoonspruit by Bothaville in die Vrystaat, het die afgelope seisoen AGSUN 5106CLP aangeplant. Volgens Joubert het die aanplanting middel Januarie ’n opbrengs van 2,41 ton/ha gelewer, terwyl hy ook ’n deel in Februarie aangeplant het, met ’n opbrengs van 1,9 ton/ha. Joubert sê Agricol se produkte is van ’n hoë gehalte en is billik geprys.

Ventersdorp

Mnr. Kobus van den Berg van die plaas Palmietfontein in die Ventersdorp-omgewing, Noordwes, sê: “Sonneblomme moet definitief nie meer gesien word as die afskeepgewas wat laat in die seisoen aangeplant word wanneer die planttyd uitloop nie. Hierdie gewas kan reeds vroeg in die oestyd gestroop word tot jou finansiële voordeel.

Dit is ook baie geharder as ander gewasse en verseker ’n goeie inkomste”. Van den Berg het die afgelope seisoen top-opbrengste geoes met Agricol se konvensionele en Clearfield®Plus-kultivars. Begin Desember het hy AGSUN 5270 en AGSUN 5106CLP aangeplant, waarmee hy onderskeidelik 3,1 ton/ha en 3,2 ton/ha behaal het.

Hy het ook middel Januarie AGSUN 5106CLP aangeplant, waarmee hy ’n opbrengs van 2,5 ton/ha behaal het. Van den Berg se wenk aan sonneblomboere is om die gewas vroeg in die seisoen aan te plant sodra toestande dit toelaat. Volgens hom kry hy die beste sonneblomopbrengste wanneer dit in November aangeplant word, aangesien genoeg hitte-eenhede beskikbaar is om ten volle deur die sonneblomme benut te word.

Die Agsun-sonneblomreeks en opbrengsstabiliteit is sinoniem. Sy goeie siekteweerstand en staanvermoë is ’n bepalende faktor vir enige sonneblompakket in die komende planttyd. Skakel gerus jou naaste Agricol-agent vir ’n pakket-aanbeveling in jou omgewing. Mnr. Joubert Swanepoel is die bestuurder van Agricol se sonneblom- afdeling.

Navrae:
018 294 7470; web: www.agricol.co.za; e-pos: info@agricol.co.za.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.71
+0.8%
Rand - Pond
20.25
+0.3%
Rand - Euro
17.08
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.02
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,806.73
+0.8%
Silwer
24.57
+0.9%
Palladium
2,065.50
+2.2%
Platinum
1,062.25
+1.8%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,446
-0.1%
Alle aandele
66,980
-0.1%
Hulpbronne 10
63,455
+0.8%
Industriële 25
85,827
-1.0%
Finansiële 15
13,901
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Advontuurlustige metgesel gesoek...spelling is belangrik. :)
Wel, dis moeilik om jouself op te som in net 'n paar woorde. so hier's die langer weergawe: Ek's selfstandig, pret om saam mee te wees, en het 'n...
Kom ons begin 'n nuwe lewe saam.
As jy van 'n goeie humorsin hou, en gevatte antwoorde, is ek die girl vir jou. Eerlikheid, opregtheid, my Christelike waardes, getrouheid. dis wie ek is. Ek love diere en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot