
Met meer boorgatwater wat gebruik word, is daar ’n toename in probleme vanweë die nagevolge van harde water in die vorm van kalk-aanpaksels.
Die PTH ontkalk pype en geiser-elemente deur bestaande aanpaksels af te breek en verdere aanpaksels te voorkom. Die PTH is ’n katalitiese omsetter wat watermolekules “rek” en dan ’n effek van “natter water” veroorsaak.
Dit bied ’n besparing van 40% op besproeiingswater omdat die water dadelik die grond indring, want dit is nie lank aan die verdampingseffek van die son blootgestel nie. Die PTH maak brakwater ook toegankliker vir opname deur kontantgewasse.
Boonop maak die PTH grond wat deur soute besoedel is, minder brak deur oormatige soutkonsentrasies in die grondlae af te breek en uit te loog, wat tot beter oeste lei. Dit is getoets deur die Landbounavorsingsraad (LNR) se instituut vir graangewasse op Potchefstroom.
Mnr. Warren Mathews van Blue Bells-kwekery op Stilbaai gebruik al jare lank ’n PTH. Hy sê die PTH het op die eerste dag ná installasie reeds van alle skuim, skifsel en kalk ontslae geraak.
Mnr. Danie le Roux van Bultfontein, ’n voormalige groot melkboer, vertel hy het sy PTH’s sedert 1998 op melkmasjiene gebruik en dat hulle nooit gebreek of toegekalk het nie.
Die PTH bespaar ook elektrisiteit. ’n Aanpaksel van 1 mm kalk verhoog kragverbruik met tot 10%. Die PTH gebruik nie elektrisiteit of chemikalieë nie, verg min onderhoud en hou lewenslank.
Mnr. Pierre Massyn, eienaar van die PTH-onderneming, het ondervinding met waterbehandeling op die Kibbutz Machenheim in Israel opgedoen.
Hy was ook kommunikasiebestuurder van die Lesothohooglandwaterprojek en het dekades se ondervinding in waterbehandeling.