AFGRI
BEAN
15 Okt
-
6517
0,00
CORN
15 Okt
-
3005
0,00
SOYA
15 Okt
-
7090
0,00
SUNS
15 Okt
-
10556
0,00
WEAT
15 Okt
-
5771
0,00
WMAZ
15 Okt
-
3120
0,00
YMAZ
15 Okt
-
3257
0,00
AMT
Beeste A2/3
08 Okt
-
51,72
0,00
Beeste AB2/3
08 Okt
-
50,71
0,01
Beeste B2/3
08 Okt
-
48,69
0,01
Beeste C2/3
08 Okt
-
44,77
-0,01
Bevrore Hoender
08 Okt
-
29,24
-0,02
Bokkies (onder 30 kg)
08 Okt
-
69,64
-0,02
Bokooie
08 Okt
-
45,88
-0,03
Groot (meer as 40 kg)
08 Okt
-
43,12
-0,04
Hoender (IQF)
08 Okt
-
26,99
0,00
Medium (30-40kg)
08 Okt
-
53,9
-0,07
Skaap A2/3
08 Okt
-
85,43
0,01
Skaap AB2/3
08 Okt
-
76,91
0,00
Skaap B2/3
08 Okt
-
72,17
-0,01
Skaap C2/3
08 Okt
-
68,75
-0,01
Speenkalf
08 Okt
-
38,2
0,00
Spekvarke
08 Okt
-
26,38
-0,02
Stoorlammers
08 Okt
-
44,93
-0,02
Varkwors
08 Okt
-
21,91
-0,01
Vars Hoender
08 Okt
-
30,96
-0,01
Vleisvarke
08 Okt
-
28,11
-0,01
Wol (skoon)
08 Okt
-
163,42
0,02

Struikelblok bring ook nuwe uitvoermarkte

akkreditasie
Bester Fruit and Nuts (Mpy.) Bpk. se verwerkingsaanleg by Hartswater in die Noord-Kaap. FOTO’S: BESTER VOER EN GRAAN
Bester Fruit and Nuts (Mpy.) Bpk. se verwerkingsaanleg by Hartswater in die Noord-Kaap. FOTO’S: BESTER VOER EN GRAAN
Hoewel Covid-19 ’n merkbare invloed op internasionale markte het, is Suid-Afrika tans in die posisie om in China se vraag na pekanneute te voorsien. Die plaaslike bedryf moet egter oor die toekoms van dié mark besin.

Ekonome dwarsoor die wêreld beskryf die jaar 2020 as een van die moeilikste tye om in sake te doen weens die invloed van die koronavirus wat in China ontstaan het. Met die hoop dat kundiges in die nabye toekoms ’n geneesmiddel sal ontdek, is daar geen definitiewe vooruitsig oor die uitwerking van Covid-19 op die wêreldekonomie nie.

Die gevoel van onsekerheid is iets wat daagliks in Suid-Afrikaners se gedagtes groei. Die Suid-Afrikaanse pekanneutseisoen, wat vanaf April tot September strek, is tans in die middel van hierdie storm van onsekerheid en die volle nagevolge gaan waarskynlik eers ná die seisoen bekend wees.

Weens dié onsekerheid is daar ontwrigting in die bestaande verbruikersbesteding reg oor die wêreld, wat die korttermynvraag na luukse kosprodukte verminder.

GEWILDE NEUT

Danksy die unieke tydsberekening, goeie gehalte en lekker smaak van die Suid-Afrikaanse pekanneut is dit baie gewild op die internasionale markte, en veral die Chinese mark.

Die bestaande handelsoorlog tussen Amerika en China speel ’n groot rol in die wêreldpekanbedryf, aangesien Amerika saam met Mexiko die grootste deel van die wêreldaanvraag bevredig. Met dié faktore in ag geneem, bied dit Suid-Afrikaanse pekanbemarkers ’n uitstekende geleentheid.

GOEIE UITVOERMARK

China was in die verlede die afsetpunt vir sowat 90% van die Suid-Afrikaanse pekanoes en dit wil voorkom of 2020 nie anders gaan wees nie. Die grootste gedeelte van die uitvoer na China word vir die indop-mark aangewend, dus vind die waardetoevoegingsproses in China plaas.

Volgens statistieke is daar sedert 2013 meer as 3 000 000 pekanneutbome in Suid-Afrika geplant, wat sal beteken dat die Suid-Afrikaanse oes in die volgende tien jaar drasties gaan verhoog. China self het ook pekanaanplantings wat reeds produseer en daar is nog boorde wat in die toekoms in produksie sal kom.

Die toekoms van die pekanneut se uitvoermark is iets waaraan die plaaslike bedryf tans moet aandag gee.
Mnr. Wouter Verschaeve, bedryfsbestuurder van Bester Fruit & Nuts.

Dit laat Suid-Afrika met die groot vraag: Sal die Chinese vraag na Suid-Afrikaanse pekanneute in die toekoms teen dieselfde tempo styg waarteen Suid-Afrikaanse produksie gaan styg?

Die waarskynlike antwoord hiervoor is nee, wat sal beteken Suid-Afrika gaan in die toekoms met ’n handelsurplus- neute sit wat indirek afwaartse druk op die pryse gaan plaas. Dié surplus laat die plaaslike pekanbedryf weer met die gevoel van langtermynonsekerheid.

DIE TOEKOMS

Hoewel ons nooit ten volle in beheer is van wat die toekoms vir ons inhou nie, kan hierdie onsekerheid ’n groot geleentheid vir die Suid-Afrikaanse pekanbedryf inhou. Die wêreldneiging na ’n gesonde leefstyl en die verantwoordelike verkryging van voedselbronne maak neute oor die algemeen ’n aantreklike opsie.

Deel van die Bester Fruit and Nuts-kultuur is om in tye van onsekerheid geleenthede te identifiseer en dan hierdie geleenthede in ’n suksesvolle besigheidstrategie te ontwikkel. As deel van Bester Fruit and Nuts se langtermynstrategie word daar reeds gediversifiseer vanaf die norm van uitvoer van neute in die dop na China.

Deur ’n belegging in die infrastruktuur is daar ’n klein kraakfabriek by die aanleg gevoeg. Maar soos die vraag na uitgedopte pekanneute gaan toeneem, is die plan om ’n wêreldklas-kraakfabriek by die aanleg te voeg. Dié belegging beteken dat nuwe markte ontstaan, en vanjaar word die eerste uitgedopte neute na Rusland en Europese lande uitgevoer.

Deur tegnologie, vernuwing en goeie markontwikkeling gaan die Suid-Afrikaanse pekanbedryf sy visier op lang termyn van China moet verskuif na ander lande in die Midde-Ooste of selfs Europa.

Die uitvoer van Suid-Afrikaanse pekanneute na van dié ander lande het wel sekere kwessies, maar met navorsing, kommunikasie en die bou van langtermynverhoudings kan Suid-Afrika ’n volhoubare, winsgewende waardeketting vir produsente, verwerkers en bemarkers bou. 

Mnr. Wouter Verschaeve is nuut aangestel as bedryfsbestuurder van Bester Fruit & Nuts.

Navrae:
Tel: 021 809 2500; web: www.bester.co.za.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
-0.0%
Rand - Euro
16.83
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.76
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons wees maats
Baie toegewyd. Mense mens. Lief vir natuur en avonture daarin. Lief vir motorfietsry en hengel. Lief vir diere. Gelowige wat lewendige verhouding het met Vader en Jesus en...
Glo nog in romanse.
Eerlik, opreg liefdevol lewenslustig en onafhanklik. mal oor die buitelewe, see of berge maak nie saak nie. Kom ons kyk wat gebeur!!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot