AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Wek jou eie krag nóú op

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Tagex Energy doen onder meer groot sonkraginstallasies soos dié een by die Nelson Mandela-universiteit in Gqeberha. FOTO: VERSKAF
Tagex Energy doen onder meer groot sonkraginstallasies soos dié een by die Nelson Mandela-universiteit in Gqeberha. FOTO: VERSKAF
Sonkragstelsels wêreldwyd bewys dat dit ’n volhoubare oplossing op lang termyn is wat alle finansiële instellings ondersteun as dit reg ontwerp is.

Dit is alombekend dat die sukkelende nasionale elektrisiteitsnetwerk vir talle boere en ondernemings ’n struikelblok is. Voeg daarby die stygende koste van elektrisiteit, en die alternatiewe opwekking en opberging van elektrisiteit word ’n noodsaaklikheid pleks van ’n luukse artikel.

Om die regte vennoot te kies om hierdie pad te stap, is uiters belangrik as jy die beste diens, gehalte-infrastruktuur en opbrengs op jou belegging wil kry.

Tagex Energy is ’n Suid-Afrikaanse sonkrag-, opbergings-en energiemaatskappy wat oplossings vir sonkragstelsels en opbergingsenergie invoer, ontwerp en oprig vir ’n verskeidenheid markte – van die landbou tot die kleinhandel en groot nywerhede.

Dié maatskappy meen die toekoms van die kragleweringsbedryf is ’n vaartbelynde, geïntegreerde benadering. Dit dui op die verkryging van Vlak 1-produkte soos gegradeer deur Bloomberg Nuwe Energie Finansies (BNEF) regstreeks vanaf die vervaardigingsbron en pakhuise, die finansiële modellering, oprigting, instandhouding en bestuur van die sonkragbate op lang termyn. Dit is dus ’n ten volle geïntegreerde model.

Somme moet klop

’n Gebied waaraan baie oorweging geskenk word as deel van Tagex Energy se ontwerpargitektuur is om te verseker dat die kliënt nie oorkapitaliseer op sy belegging nie. Tagex Energy neem daarmee ’n aantal faktore in ag, soos plaaslike of munisipale regulasies en die opberging van oortollige elektrisiteit.

Baie klem en tyd word bestee om die balans tussen die kapitaalkoste en besparings reg te kry om te verseker dat daar geen negatiewe kontantvloei is nie. In gevalle waar terugvoer toegelaat word, word die modelle gunstiger.

Finansiële instellings speel ’n beduidende rol in kragopwekking deur klein belanghebbendes. Dit maak dit moontlik om dié kragoplossing op plase, besighede en op residensiële vlak toe te pas. Ook hier is Tagex Energy toonaangewend deur as ’n voorrangvennoot gelys te wees by die meeste van die voorste handelsbanke in Suid-Afrika.

Sonkrag en -opberging wat in ’n mate gegrond is op die vervaardigerswaarborg, lewensverwagting van die tegnologie en gunstige bankaanbiedings maak voorsiening vir ’n wen-wen-benadering op grond van die verrekening van terugbetalings teen besparings. Dit is in die meeste gevalle betekenisvol as jy die verhoging van die elektrisiteitskoste oor die volgende 25 jaar in ag neem.

Beste oplossings

Tagex Energy bied verskillende kragopwekking- en opbergingoplossings, en gee ook advies oor beste praktyke en finansiële haalbaarheid. Die maatskappy se oplossings is:

KOMMERSIËLE EN NYWERHEIDSNETWERKGEKOPPELDE SONKRAGSTELSELS. Dié soort stelsel sinchroniseer met die nasionale netwerk. Dit is om die verbruik van elektrisiteit van die netwerk af te verminder.

HIBRIEDE KOMMERSIËLE EN NYWERHEIDSONKRAGOPBERGINGSTELSELS. Met hierdie stelsel word verskeie bronne van energie gekombineer om krag aan die kliënt op die kostedoeltreffendste manier te voorsien. Bepalende faktore is die kliënt se behoeftes en beskikbare bronne.

HIBRIEDE RESIDENSIËLE SONKRAGOPBERGINGSTELSELS. Deur die gebruik van ’n geïntegreerde stelsel wat wisselrigters, sonpanele en kragopwekkers insluit, kan huiseienaars ontwrigting deur beurtkrag, afhanklikheid van die nasionale netwerk en verhogings in elektrisiteitspryse verminder.

Een kontakpunt

Met die maatskappy se wye verskeidenheid dienste en geïntegreerde stelsels, kry verbruikers ’n enkele kontakpunt vir al hul energiebehoeftes. Die oplossings wat Tagex Energy verskaf, is van die hoogste internasionale standaarde.

Die maatskappy se kundige tegnici is met die hand uitgesoek vir hul uitsonderlike vermoë om in elke kliënt se behoefte te voorsien. Tagex Energy se uitgebreide platforms en benadering tot projekte, bouwerk, finansiering en ontwikkeling verseker die perfekte oplossings vir die landbou, kommersiële aanlegte, die kleinhandel en nywerhede. 


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.03
-1.1%
Rand - Pond
19.93
-2.6%
Rand - Euro
17.63
-1.5%
Rand - Aus dollar
11.67
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,658.37
-0.1%
Silwer
18.73
-0.9%
Palladium
2,216.01
+3.0%
Platinum
864.81
-0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.3%
Industriële 25
76,769
-2.2%
Finansiële 15
13,707
-2.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot