AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

'07/'08-voedselkrisis kan herhaal

Die styging in voedselpryse wêreldwyd verhoog die risiko dat die voedselkrisis van 2007’08 herhaal kan word, aldus die VN.

Die styging in die pryse van basiese voedsel wêreldwyd verhoog die risiko dat 2007/’08 se voedselkrisis herhaal kan word, waarsku die Verenigde Nasies (VN).


Luidens ’n berig op Fin24.com het mnr. Jacques Diouf, die direkteur van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie (VLO) in ’n onderhoud gesê die sprong in oliepryse en die vinnige onlangse daling in die internasionale voedselvoorraad kan weer ’n krisis veroorsaak.

Tydens ’n onderhoud in die Verenigde Arabiese Emirate het hy gesê: “Die hoë pryse veroorsaak kommer en ons voorrade het vinnig begin daal. Ons waarsku al jare lank dat verhoogde produksie en beleggings in die landbou nodig is.”

Die VN se jongste voedselprysindeks dui aan dat pryse tot die hoogste vlakke nóg sedert 1990 gestyg het.

Voorrade 


In Junie verlede jaar was voorraadvlakke ’n gesonde 100 miljoen ton hoër as vlakke tydens die 2007/’08-krisis, maar vinnige groei in ontwikkelende lande asook die terugkeer na groei in ontwikkelde lande het tot skerp dalings gelei.

Verskeie Afrikalande het groot hoeveelhede graan gekoop om moontlike onluste weens hoë voedselpryse te probeer afweer. Suid-Korea wil ’n strategiese graanreserwe-voorraad opbou deur mielies en ander stapelvoedsel te koop. Sommige Asiatiese lande volg glo dieselfde roete.

Diouf sê die onlangse skerp styging in oliepryse dra by tot hoër voedselpryse. Dít kan daartoe lei dat ontwikkelende lande nie kan bekostig om die nodige voedsel betyds in te voer nie aangesien dit die koste van vervoer en van landbou-produksiemiddele verhoog.

Hersien biobrandstof-strategieë


Diouf sê hulle het ook ’n beroep op ontwikkelde lande gedoen om hul biobrandstof-strategieë te hersien aangesien dié bedryf reeds 120 miljoen ton se grane vir menslike verbruik verwyder het om dit in brandstof te omskep.

Bron: Fin24 

15 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.15
-0.4%
Rand - Pond
21.01
-0.5%
Rand - Euro
18.76
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,016.21
-0.9%
Palladium
1,676.66
+0.4%
Goud
1,916.24
+0.2%
Silwer
23.48
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,798
+0.2%
Alle aandele
79,996
+0.2%
Hulpbronne 10
74,959
+0.4%
Industriële 25
102,928
+0.3%
Finansiële 15
16,511
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot