
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê ’n werker op die plaas het op Vrydag 3 Maart ’n geweerskoot by die plaashuis gehoor. Hy het drie verdagtes by die huis opgemerk waarna hy op ’n buurplaas gaan hulp soek het. Die polisie is onmiddellik ontbied.
Met die polisie se aankoms het hulle die lyk van me. Christine Walters sowat 60 m van die plaashuis af gevind. Sy het ’n skietwond aan haar kop gehad. ’n Haelgeweer het naby haar gelê.
Walters se hande was met staaldraad vasgebind en daar was ’n gordel om haar nek gebind. Drank en vuurwapens is uit die plaashuis gesteel.
’n Helikopter en die polisie se honde-eenheid is ingespan om die verdagtes vas te trek. Een van die verdagtes is as ’n voormalige werknemer van Walters geïdentifiseer. Die twee ander verdagtes, onderskeidelik 17 en 22 jaar oud, is ook later in hegtenis geneem.
Volgens Van Wyk sal die verdagtes in die Ceres-landdroshof verskyn.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.