AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

2 633 plaasaanvalle in 20 jaar

Sedert 1990 het daar, konserwatief bereken, al 2 633 plaasaanvalle in Suid-Afrika voorgekom, sê die TLU SA.

Sedert 1990 het daar, konserwatief bereken, al 2 633 plaasaanvalle al in Suid-Afrika voorgekom, sê die TLU SA. Luidens ’n verklaring het genl. Chris van Zyl, die assistent-hoofbestuurder van dienste by die organisasie,  Donderdag (14 April) in die Gelykheidshof getuig dat 1 489 moorde tydens dié aanvalle gepleeg is.


Die organisasie sê volgens ’n opname wat hulle gedoen het met die oog op die hofsaak wat tans teen mnr. Julius Malema, die leier van die ANC se Jeugliga oor die sing van die lied “Skiet die boer” voorkom, is die meerderheid respondente teen die lied gekant.


Swartmense ook teen lied


Prof. Anton Kok, die waarnemende dekaan van die regsfakulteit van die Universiteit van Pretoria, het getuig 70% van respondente wat in 2001 aan ’n opname deelgeneem het – waarvan die meerderheid respondente swart was – het gemeen die sing van die lied is misdadig.


Kok, wat sy tesis oor die Gelykheidswet geskryf het, sê die opname is gedoen om te kyk tot waar versoening in daardie stadium gevorder het.


Invloed van haatspraak


Intussen het adv. Roelof du Plessis vroeër die dag in sy openingsbetoog daarop gewys dat ten opsigte van plaaslike en internasionale wetgewing veral gelet moet word op die invloed van haatspraak op die mens of gemeenskap wat benadeel voel, en dat die bedoeling van die persoon wat dit pleeg, van mindere belang is. 


Daar behoort ’n bewustheid te wees oor sensitiwiteit, veral nadat die onderskeie partye tydens die onderhandelinge by Kodesa bepaalde wedersydse ondernemings gegee het om mekaar nie te beledig nie.


Prof. Danie Goosen, voorsitter van die FAK, het getuig dat Afrikaners meen die dreunsang van “Skiet die boer”, is in stryd met Afrikaners se leidinggewende ideaal vir Suid-Afrika, naamlik ’n Suid-Afrika met wedersydse respek tussen meerderheid en minderheid en ’n Suid-Afrika as gemeenskap van gemeenskappe. 


14 April 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot