AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

2000 Angorabokke dood weens koue

Sybokhaar-boere in die Rietbron-distrik het sedert die naweek sowat 2 000 Angora-bokke verloor wat weens die koue verkluim het.

Sybokhaarboere in die Rietbron-distrik het sedert die naweek sowat 2 000 Angora-bokke verloor wat weens die koue verkluim het.


Mnr. Barries Snijman, die voorsitter van die Rietbron-sybokhaarkwekersvereniging, sê verskeie boere het verlede week reeds begin skeer. Die boere is baie moedeloos. Een van die boere het tot 300 dragtige ooie verloor, en een ooi kan tot R1 000 werd wees.


“Dít kom nou ná ’n jare lange droogte en ná baie boere bokke weens die uitbreking van slenkdalkoors verloor het. Verskeie boere het dus nie genoeg bokke vir die seisoen gehad nie en nou verloor hulle nóg,” vertel Snijman.


Boere tref nie voorbereidings

Snijman meen dat baie mense kan meen dat boere moontlik nie die nodige voorbereidings getref het nie.

“Dit het in 1998 ook gebeur en ons het spesiale skuilings opgerig, maar as dit so lank reën en koud is, kan jy ’n bok ook net tot in ’n sekere staduim probeer beskerm. Die bokke het vanjaar ook in gebiede verkluim  waar hulle nog nooit verkluim het nie.”


Volgens Snijman het dit Sondagmiddag (24 Julie 2011) begin reën, met ’n koue oostewind wat oor die distrik gewaai het. “Ons dagtemperatuur was Maandag (25 Julie 2011) 6° Celsius en die reën het eers in die middag begin opklaar.”


Jassies

Een van die voorstelle wat al as ’n oplossing vir geskeerde bokke voorgestel is, is om vir hulle jassies aan te trek as hulle klaar geskeer is. “Die boere kan dit egter nie bekostig nie. Een so ’n jassie kan tussen R50 en R60 kos, en as jy 3 000 bokke aanhou, kan jy nie bekostig om vir al jou bokke jassies te koop vir een maal in 12 jaar se risiko nie.”


“Ons  het wel al vir die bedryf gevra om ons by te staan en te help met goedkoper jassies,” vertel Snijman.


Dankbaar

Mnr. Flip Matthee, ook ’n boer van die distrik, sê baie boere het ook Dorperskape verloor, maar die meeste se skade kon nog nie behoorlik bepaal word nie omdat hulle nog nie by al die diere se skuilplekke kon uitkom nie.


“Nietemin, ná ’n erge droogte hier, is ons baie bly vir die reën, want dit beteken vir ons kapitaal in die grond. Wie weet, dalk is dié jaar vir ons ’n blommejaar,” vertel Matthee. Hy sê ’n gemiddelde van 25mm tot 30mm reën het geval.

Kyk hier na foto's van die sneeu wat geval het.


26 Julie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot