AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

2011 druiwe-oes was "brutaal"

Vanjaar se druiwe-oes was “kort, kragtig en brutaal,” sê mnr. Erhard Wolf, Distell se hoof druiwe- en wynaankoper.

Vanjaar se druiwe-oes was “kort, kragtig en brutal”, sê mnr. Erhard Wolf, Distell se hoof druiwe- en wynaankoper. Luidens ’n verklaring meen Wolf die jaar was vanuit ’n logistieke oogpunt ’n buitengewoon moeilike jaar, hoewel gehalte gelukkig nie ingeboet is nie.


 “Ons het oor die algemeen uitmuntende rooi- en meestal goeie witwyndruiwe by die kelders gesien aankom ondanks terugslae weens die weer,” vertel Wolf.


Oes 8% kleiner


Wolf sê hul oes was 8% kleiner as hul jaarlikse gemiddelde, terwyl die van ander produsente tot 30% minder was. Verlede jaar se oes was tot 15% kleiner as in 2009. Distell is vir byna ’n derde van Suid-Afrika se natuurlike en vonkelwynproduksie verantwoordelik.


“Ons inname vanjaar sou dramaties minder gewees het as dit nie was vir ons toegang tot wingerde wat ideaal by hul ligging pas nie, goeie loofbeheer, ons belegging in tegnologie om die waterstatus van wingerdstokke akkurater te meet, ons voortdurende navorsing om optimale rypheid te identifiseer en ons vermoë om druiwe van wingerde regoor die Kaapse wynlande te kry nie,” aldus Wolf.


Klimaatsverandering


Wolf sê geen twyfel kan bestaan oor die invloed van klimaatsverandering op druiweproduksie nie: “Vanjaar se oes is die derde ná mekaar wat gekenmerk is deur bonormale temperature, reën buite die seisoen, droë tydperke en buitengewoon sterk wind. Dit alles het die grootte van die oes beïnvloed.”


Die oes se reënval was tot 40% laer as die langtermyn-gemiddelde. 


Die jaar se oes is met byna drie weke verkort weens bogemiddelde, hoë temperature in Februarie en Maart wat rypwording aansienlik versnel het. Dit het druk op boere geplaas om te sorg dat die druiwe gepluk word voordat dit te ryp raak. Die eerste druiwe is wel, in pas met vorige jare, laat in Januarie gepluk.


Volgens Wolf probeer hulle met behulp van wingerdboukundige bestuurstegnieke om die temperatuur rondom die druiwe te verlaag vir goeie kleur, suurvlakke en geurkonsentrasie.


14 April 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot