AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Aanbod vir KWV is ‘billik en redelik’

Die Vasari-groep se aanbod om die KWV se bedryfsbates en handelsmerke te koop, kom neer op sowat R16,91 per aandeel, oftewel ’n premie van bykans R11.

New Rose 7 en Warshay Beleggings (wat aan die Vasari-groep behoort) het in Mei aangekondig dat hulle Niveus se aandeel van 57,13% in die KWV vir R1,15 miljard wil koop. Die waarde van die nie-bedryfsbates, wat die eiendom van Niveus (wat op sy beurt aan Hosken Consolidated Investments behoort) bly, beloop R3 per aandeel.

Dié inligting kom uit die omsendbrief aan die KWV se aandeelhouers oor die transaksie. Aandeelhouers sal op 29 Julie kan stem of dit moet voortgaan of nie. Dit sluit produksiegeriewe, handelsmerke en die wyn- en brandewynvoorraad in. Die KWV se hoofgebou, die Laborie-landgoed, die kunsversameling en ’n aandeel van 31% in die Paarl Vallei Botteleringsmaatskappy is egter nie deel van die transaksie nie.

Die Vasari-groep, waarvan mnr. Vivian Imerman die hoof is, is ’n verbruikersbeleggingsgroep met meer as drie dekades se ervaring, veral in Europa, Asië en Afrika. Met die oorname versterk dié groep sy posisie om ’n drankgroep in Asië en Afrika se opkomende markte staan te maak.

Altesame R515 miljoen sal kontant betaal word. Dit sluit nie die R60 miljoen vir die handelsmerke in nie. Die res van die bedrag sal oor drie jaar in drie paaiemente afgelos word. Luidens die omsendbrief kom die transaksie neer op R16,91 per KWV-aandeel. Dit is ’n premie van R10,93 op die geweegde gemiddelde aandeelprys vir die twaalf maande voor 31 Maart.

R60 miljoen vir handelsmerke

Luidens die omsendbrief sal die beroemde KWV-handelsmerke vir R60 miljoen verkoop word. New Rose 7 sal die nuwe eienaar wees.

Die KWV beklee tans die 40ste plek op die gesaghebbende tydskrif Drinks International se lys van “Top 50 Most Admired Wine Brands” ter wêreld. Dit beklee al die afgelope vyf jaar die hoogste plek van Suid-Afrikaanse wynhandelsmerke, met Nederburg die enigste ander Suid-Afrikaanse handelsmerk wat tans op die lys verskyn (49ste).

Sekere van die KWV se wingerde, asook Laborie se restaurant, proelokaal, oornaggeriewe en Bar di Bar sal aan Warshay verhuur word. ’n Deel van La Concorde, die KWV se hoofgebou, en die KWV Sensorium, sal ook aan Warshay verhuur word.

Onafhanklik geëvalueer

Die ouditfirma KPMG het die aanbod geëvalueer om te bepaal of dit billik en regverdig is. “Ons meen die aanbod se terme en voorwaardes is regverdig teenoor die KWV se aandeelhouers... in die omstandighede,” het mnr. Jacques Pienaar, direkteur van KPMG, in sy evaluasie gesê.

Nie mnr. André van der Veen, uitvoerende hoof van die KWV, of enige van die uitvoerende direkteure was beskikbaar vir kommentaar nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot