AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Aanval met klappers afgeweer

’n Aanval op ’n gesin wat in ’n private natuurreservaat in die Muldersdrift-omgewing woon, is met klappers afgeweer.

’n Aanval op ’n gesin wat in ’n private natuurreservaat in die Muldersdrift-omgewing, naby die Cradle of Human Kind, woon, is met klappers afgeweer. Mnr. Robin van Rensburg sê hy het omstreeks middernag Maandagnag (11 April), wakker geword omdat sy honde geblaf het. Hy het opgestaan om ondersoek in te stel omdat die honde soms blaf vir wild wat naby aan die erf se heining beweeg.


Hy vertel voordat hy die badkamer se venster kon oopmaak om te kyk wat aangaan, het ’n flitslig op die venster geskyn. Van Rensburg het sy gesin wakker gemaak en almal in die hoofslaapkamer laat bly terwyl hy die Polisie gebel het.


Op die vlug geslaan


Van Rensburg het toe uitgegaan en ’n klapper in die rigting van die aanvallers gegooi en geskree hy gaan hulle doodskiet. Die drie mans het toe op die vlug geslaan met die honde kort op hul hakke.


Die verdagtes het egter so 300m van die huis af gaan staan, waar hulle met mekaar op selfone gepraat het. Die mans het toe weer die erf probeer binnekom, waarna Van Rensburg weer ’n klapper in hul rigting gegooi en geskree het. Die mans het in die donker skadu’s rondom die erf verdwyn en op die vlug geslaan.


Die Polisie


Die Polisie het Van Rensburg gebel en gesê hulle het verdwaal, hulle was glo by sy buurman se erf. Die beamptes het gesê hulle kry nie die huis nie en sal Dinsdagoggend (12 April), sesuur weer kom. Van Rensburg sê hoewel die sekuriteitswagte vroeg vanoggend by die veiligheidshek van die reservaat gesê het die Polisie het deur die nag daar ingery, weet hy nie of hulle wel weer kom ondersoek instel het nie.


Van Rensburg sê hulle is baie dankbaar dat hulle gespaar is, aangesien verskeie ernstige voorvalle al in dié gebied voorgekom het. “Dankie aan my God, my militêre opleiding wat my geleer het dat die element van verrassing altyd vir jou tel, en ’n klapper of twee.”


12 April 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.89
+1.0%
Rand - Euro
18.63
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,652.17
-1.0%
Goud
1,913.26
-1.9%
Silwer
23.47
-2.1%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Kom Ons Gesels😁
Ek is n moeilieke meisie, maar watter meisie is nie??? Ek het twee pragtige dogtertjies, so meeste van my tyd word saam hulle spandeer😁 Ek hou van dans maar het nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot