AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Aartappel met lae GI toevallig geteel

In ’n internasionale deurbraak is ’n aartappel met ’n lae GI toevallig geteel, en verbruikers raap dit op!

Aartappels het die afgelope tyd swak publisiteit ontvang weens nuwe dieet-giere wat koolhidrate met ’n hoë glisemiese indeks (GI) belet. ’n Wêreld-deurbraak in die aartappelbedryf kan egter dié giere wysig.

Australiese navorsers het toevallig die lae GI-kultivar Almera geteel. Dié aartappelkultivar laat die bloedglukose-vlakke stadiger en tot op laer vlakke styg in vergelyking met ander kultivars.

Volgens dr. Alan Barclay, hoofwetenskaplike van die Glisemiese Indeksstigting van Australië, is dié aartappel die eerste aartappel wat internasionaal as lae GI gesertifiseer is en dit het ’n GI wat 30% tot 50% laer is as ander hoofstroom-aartappelkultivars.

Volgens mnr. Lourens van der Merwe, hoofbestuurder van verpakking by Fresh In Time Club (Edms.) Bpk., is dié aartappel sowat ’n jaar lank reeds beskikbaar by die supermarkgroep Checkers en Checkers Hyper onder die handelsnaam Carisma. “Die produk is nog nuut, maar geniet reeds groot aftrek onder verbruikers en behoort teen volgende jaar ook in ander supermarkte beskikbaar te wees,” sê hy.

Tans verbou sowat 20 kommersiële boere in Suid-Afrika dié kultivar. In die suide van die land word sowat 1,2 t bemarkbare aartappels per week aan Freshmark, Checkers se varsproduk-afdeling, gelewer en in die noorde sowat 4,8 t. Die aartappels word in sakkies van 2 kg verpak.

Benewens die aartappel se lae GI-eienskappe is dit ook ’n kort groeier, sê Van der Merwe. “Die kultivar groei 20 tot 30 dae korter as ander kultivars en boere kan dus bespaar op krag, water en arbeid. Dit  bied ook weerstand teen bruinskurf, ’n aartappelsiekte.

Dié aartappel is ’n aanwins vir enige verbruiker, of jy nou dieet of nie en is geskik vir kook, braai of selfs kapokaartappels. Die enigste wenk: Moet dit nie té lank kook nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,018.82
+0.8%
Palladium
1,669.18
-0.0%
Goud
1,954.48
+0.2%
Silwer
24.46
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,668
-0.1%
Alle aandele
79,864
+0.1%
Hulpbronne 10
74,939
-0.3%
Industriële 25
102,543
+0.0%
Finansiële 15
16,553
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot