AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Aartappel-produksie op, pryse onder druk

Aartappelproduksie het in Maart vanjaar noemenswaardig begin styg.

Markte weerspieël reeds laer aartappelpryse as in 2016, wat beteken daar is deurlopende druk op produsente se volhoubaarheid. Die prys van aartappels op nasionale varsproduktemarkte het sedert Maart onder druk gekom, terwyl die volumes wat aan markte gelewer is, begin toeneem het.

Meer as 26 miljoen 10 kg-sakkies aartappels is in die eerste kwartaal van 2017 op nasionale varsproduktemarkte verkoop. Volgens Aartappels Suid-Afrika (ASA) se statistiek, is dit 1 miljoen sakkies meer as in die eerste kwartaal van 2015, ’n rekordjaar vir die bedryf toe meer as 250 miljoen sakkies verskaf is.

Die afgelope twee jaar was ’n wipplank van ongunstige weer, rekordhoë pryse en rekordhoë volumes op varsproduktemarkte en boere wat sukkel om kop bo water te hou. Die goeie opbrengste, te danke aan die gunstige weer, het die prys op nasionale markte onder druk gebring die afgelope vier weke.

Baie faktore het ’n invloed

Alhoewel 2017 dus met ’n hoër opbrengs afskop as 2015, is dit te vroeg om enige voorspellings te maak, volgens dr. Andre Jooste, uitvoerende hoof van ASA. “Daar is te veel faktore wat ’n invloed kan hê op die opbrengs. Al speel die weer saam en die oes is normaal, is minder hektare vanjaar as in 2015 en 2016 aangeplant, veral in die Oos-Vrystaat, so die waarskynlikheid om nader aan 250 miljoen sakkies te beweeg is steeds laag. Selfs om nou al te voorspel dit gaan ’n normale oes wees, gegewe die moontlikheid van vroeë ryp en koue skade, is gevaarlik,” verduidelik Jooste.

Aartappelverkope op varsproduktemarkte in Maart vanjaar was bykans 2 miljoen 10 kg-sakkies meer as in Maart 2015. “Die Oos- en Wes-Vrystaat se markaandeel is altyd hierdie tyd van die jaar gesamentlik die grootste. Die Oos-Vrystaat se lewering vir hierdie tyd van die jaar is hoër as normaal en kan toegeskryf word aan die feit dat produsente hul aanplantings vroeër begin skuif en beter opbrengste as dieselfde tyd in 2015,” sê Jooste.

Volgens ASA het die totale opbrengste in 2016 met 15% weens ongunstige weer gedaal teenoor dié van 2015 terwyl die prys met 65% gestyg het in 2016 teenoor 2015. “Koopkrag speel ’n groot rol aan die vraag-kant van die mark, net soos gehalte aan die aanbod-kant ’n groot invloed het op prys. Weens die lae pryse van 2015 en gepaardgaande goeie opbrengste kon baie boere nie eens gelykbreek-pryse behaal nie. Verlede jaar het produsente in heelwat streke boonop droogte- en hitte-skade opgedoen wat verder negatief op hul finansies ingewerk het, nieteenstaande goeie pryse.”

Druk op winsgewendheid

“Markte weerspieël reeds laer pryse as in 2016 wat beteken daar is deurlopende druk op produsente se winsgewendheid. Die reële produksiekoste van aartappels beweeg opwaarts en ons verwag verdere opwaartse druk op produksiekoste. Die laer markpryse as in 2016 bied egter goeie waarde vir geld aan verbruikers en sal die reeds stygende verbruik per kapita verder opwaarts help. Produsente is ook dinamies en pas voortdurend aan by omstandighede, so ons bly positief oor die bedryf,” verduidelik Jooste.

Gegewe groter aanbod het die gemiddelde prys vir die top 10% eersteklas medium aartappels vanaf 3 tot 7 April gewissel tussen R37 en R44 per 10 kg-sakkie op die Johannesburgse Varsproduktemark, terwyl die gemiddelde prys vir alle klasse landswyd, gewissel het tussen R24 en R26 per 10 kg-sakkie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot