AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6905
-15,00
CORN
19 Okt
-
3078
-7,00
SOYA
19 Okt
-
7180
-25,00
SUNS
19 Okt
-
9910
182,00
WEAT
19 Okt
-
5730
-12,00
WMAZ
19 Okt
-
3178,40
-21,60
YMAZ
19 Okt
-
3341,2
-14,80
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Aartappelbedryf verloor beskerming teen gestorte skyfies

akkreditasie
Foto: Charl van Rooyen
Foto: Charl van Rooyen
Die plaaslike aartappelbedryf het vir eers sy beskerming teen gestorte bevrore aartappelskyfies uit België en Nederland verloor.

Die teenstortingstarief op dié produkte was van 26 Januarie 2016 tot 26 Januarie 2021 van krag en die opheffing daarvan is op 9 Julie 2021 in die Staatskoerant afgekondig.

Die voedselmaatskappy McCain het vroeër by die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) aansoek gedoen om die herinstelling van die tarief vir ’n verdere vyf jaar, maar Itac het nie die aansoek binne die voorgeskrewe 18 maande afgehandel nie.

Volgens mnr. Willie Jacobs, uitvoerende hoof van Aartappels Suid-Afrika (ASA), is daar verlede jaar altesaam 18 417 ton bevrore skyfies ingevoer, wat ’n afname van 61% van 2010 tot 2020 behels.

Invoer as sodanig is volgens hom nie die probleem vir die plaaslike bedryf nie, maar wel storting. “Invoer wat goedkoper as ’n billike markwaarde aan die plaaslike verbruiker beskikbaar is, bedreig plaaslike produsente se volhoubaarheid. In so ’n geval word die volgehoue voorsiening van bekostigbare, vars aartappels aan die verbruiker bedreig en dit wil ons voorkom.”

ASA is nie regstreeks by enige Itac-aansoeke betrokke nie. As spreekbuis van die bedryf bied hy wel ondersteunende inligting aan aansoekers. “Die grootste risiko vir die bedryf en die verbruiker is wisselvalligheid in gehalte en volumes, en dus die prys,” sê Jacobs. “Van ASA se kant af probeer ons baie hard om duidelikheid te verskaf van die mark en produksieverwagtinge.”

Nuwe aansoek nodig

Itac het aan Landbouweekblad bevestig dat McCain se aansoek vir die herinstelling van die teenstortingstarief nie teen 26 Januarie afgehandel was nie en gesê dat die aansoeker ’n nuwe aansoek vir so ’n tarief kan bring, maar dat dit dan ’n teenstortingsondersoek sal behels. Itac het ook einde Junie gesê dat die bestaande tarief toe steeds gehef is omdat ’n wetlike voorgeskrewe proses gevolg moet word om dit op te hef.

Etlin International en Merlog Foods, maatskappye wat bevrore aartappelskyfies invoer, het ’n aansoek in die hooggeregshof in Pretoria gebring om die betrokke staatsinstellings te dwing om die tarief op te hef, maar voordat die saak aangehoor is, is die opheffing van die tarief afgekondig.

Mnr. Donald MacKay, ’n direkteur van XA International Trade Advisors wat Etlin met handelskwessies bystaan, het gesê dat die hofaansoek daarom teruggetrek is. Hy het vroeër in ’n blog op XA International Trade Advisors se webblad sekere Itac-prosesse skerp gekritiseer en gesê dat voorspelbare prosesse baie belangrik is.

Kwesbaar

Volgens Jacobs het die plaaslike bedryf die afgelope vyf jaar reeds meer as 4 000 ha, nagenoeg 10% van die totale produksiekapasiteit, verloor as gevolg van die lae marge en hoë risiko verbonde aan aartappelproduksie. “Dis ’n feit dat die bedryfsmarge vir aartappels oor ’n lang tydperk bly afneem omdat die inflasie-aangepaste prys oor jare heen sywaarts beweeg en die insetkoste baie vinniger as inflasie styg.”

Die bedryf is dus reeds kwesbaar, maar steeds kry plaaslike produsente dit reg om teen ’n bekostigbare prys vars aartappels vir 12 maande van die jaar aan die verbruiker te voorsien. Indien daar dus nie beskerming teen goedkoop invoer vir plaaslike produsente is nie, is die kans groot dat aartappelprodusente die bedryf sal verlaat en dus die sekerheid van voorsiening van aartappels aan die verbruiker in gedrang sal bring.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.53
+1.2%
Rand - Pond
20.06
+0.7%
Rand - Euro
16.90
+1.0%
Rand - Aus dollar
10.87
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,769.80
+0.2%
Silwer
23.69
+2.1%
Palladium
2,102.50
+3.9%
Platinum
1,043.68
+0.4%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,190
-0.1%
Alle aandele
66,776
-0.0%
Hulpbronne 10
63,288
-0.5%
Industriële 25
84,981
+0.6%
Finansiële 15
14,022
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekker kos met lekker wyn
Saggeaard rustig, hou van kamp en buitelewe. Stokperdjie is radio amateur. Wil nie baklei en argimenteer nie. Ek gaan graag met my motorhome kamp op afgelee plekke. Ek is...
I was made for you
God het my n liefdevolle en unieke vrou gemaak. Hy het my glimlag gemaak uit sonlig my n hart van goud gegee. Ek Wil lewe, lag en gelukkig wees. Altyd Baie liefde om uit te deel...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot