
Hy plant ook witboontjies, ertjies en groenboontjies.
Volgens hom het hy besluit om vir die kompetisie in te skryf om hom deur ’n moeilike tyd te help. Hy sê dit was iets lekkers om te doen in ’n tyd wat nogal moeilik in sy boerdery was.
“Dit is altyd lekker om erkenning te kry en dit gee mens ook weer moed. In alle eerlikheid, ek het ’n knop in my keel en ek is sprakeloos,” was sy woorde nadat hy sy trofee op TLU SA se kongres ontvang het.
Mnre. Riaan Rossouw van Nigel-boerevereniging en Clemens Senekal van Suikerbos-boereunie was onderskeidelik tweede en derde.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.