AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Aartappelproduksie nie meer volhoubaar

Oorproduksie en aanplantings buite normale seisoenale planttye kry die skuld vir die “ramp” wat hom die afgelope paar maande in die Sandveld afgespeel het.

Oorproduksie en aanplantings buite normale seisoenale planttye kry die skuld vir die “ramp” wat hom die afgelope paar maande in die Sandveld afgespeel het.


Mnr. Joos Engelbrecht, voorsitter van die Sandveldse Aartappelkwekersorganisasie (Sako), sê aartappelverbouing in die streek was sedert die laaste kwartaal van verlede jaar onvolhoubaar.


Tonne aartappels moes weggegooi word en boere het tot R40 000 per ha op hul aanplantings verloor.  Verlede jaar was die gelykspeelprys R28,54 per sakkie. Sandveld-boere het dus gemiddeld teen ’n verlies van R12 per sakkie aartappels geboer.


“Die enigste manier om volhoubaarheid te verseker, is om die fokus te verskuif van die huidige produksie-georiënteerde boerdery na mark-georiënteerde produksie. Ons sal moet poog om vas te stel wat die weeklikse vraag in ons teikenmark is."


"Produksie sal dan in pas gebring moet word om te voorkom dat bogenoemde probleme herhaal word. Navorsing het bewys dat ’n oorproduksie van 10% van aartappels tot ’n prysverlaging van 50% lei,” het Engelbrecht in sy voorsittersrede gesê.


Sako vergader vanmiddag (30 Maart) op Velddrif om onder meer winsgewende produksie in dié streek te bespreek. Na verwagting sal beoogde aanplantings tot Julie vanjaar selfs meer wees as verlede jaar se oppervlakte.


“Ons weet nou dat die hektare in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar verantwoordelik was vir die rampspoedige oorproduksie. Die vraag is egter of ons hierdie ramp wil vererger?” het Engelbrecht gevra.


Die gemiddelde opbrengs het die afgelope 10 jaar met sowat 10 ton per ha gestyg. Dit word toegeskryf aan beter boerderypraktyke en meer produktiewe kultivars.


“Wat egter uitstaan, is dat die twee jare (2002 en 2009) wat die Sandveld minder hektare beplant het, het die markpryse ongeveer R8,00 per sakkie en R11,00 per sakkie gestyg.”


Engelbrecht het voorgestel dat ’n sterk bemarkingskomitee of werkgroep gevestig word om aan die saak aandag te gee.

30 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.12
-0.2%
Rand - Pond
20.96
-0.3%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,023.79
-0.1%
Palladium
1,681.40
+0.7%
Goud
1,911.49
-0.1%
Silwer
23.45
-0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,771
+0.2%
Alle aandele
79,931
+0.2%
Hulpbronne 10
74,748
+0.1%
Industriële 25
102,936
+0.3%
Finansiële 15
16,564
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot