AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Aartappels SA se toekomsplanne

Aartappels Suid-Afrika (ASA) is reg om die probleme in die bedryf op te los. Hy het hoop vir die toekoms en glo die parlementêre portefeuljekomitee gaan dié organisasie se aansoek om 'n statutêre heffing goedkeur, sê mnr. Frank Lawrence, voorsitter van ASA.

Ná veranderings aan die struktuur van Aartappels Suid-Afrika (ASA) is dié organisasie nou gereed om dienste aan sy lede te lewer. Met 'n nuwe, plat struktuur, kan dié dienste bekostigbaar, relevant, doelgerig en doeltreffend aangebied word.

Só sê mnr. Frank Lawrence, voorsitter van ASA. Onder die eerste stappe was die opknap van die struktuur binne die bedryf en 'n poging om 'n statutêre heffing ingestel te kry. Dienste moet aan boere gelewer word sodat daar weer vertroue in die bedryf en ASA kom.

Die grootste deel van die pynlike kant van die herstrukturering, soos die vermindering van personeel van 265 tot 34, is afgehandel. Die struktuur is nou plat, bekostigbaar en doelgerig. Kommunikasie is vereenvoudig en doeltreffender gemaak. ASA is nou reg gestruktureer om op sy kernbesighede te konsentreer.

Voorheen was daar nie goeie korporatiewe beheer nie. 'n Ouditkomitee onder voorsitterskap van mnr. Ernst Yzel van Marquard het hier al goeie werk gedoen.

Die korporatiewe struktuur en hoe mense binne die organisasie dink, is heeltemal verander. Die fokus is nou op die boer, die primêre been van die organisasie. Die organisasie het nie bestaansreg sonder die boere en die bedryf nie. Die hele bedryf moet gesond, gedissiplineerd en vooruitstrewend wees.

Alle aksies moet voortaan aan ooreengekome doelwitte gemeet word. Een van die take van die nuwe hoofbestuurder, dr. Niël Theron, is om 'n prestasiegedrewe stelsel in te stel, te vestig en te bestuur.

Baie probleme was die gevolg van swak kommunikasie. Die organisasie beoog doeltreffende kommunikasie van die boer af deur die werkgroepe tot by die hoofbestuur. Dit sluit akkurate en tydige bedryfsinligting aan boere in.

ASA moet ook meer by ander betrokkenes in die bedryf betrokke raak deur met die nuut gestigte Moeragente-forum en belangrike instellings soos die markte te praat. "Boere kan nie op die kantlyn staan en hoop alles sal regkom nie. Ons moet betrokke raak — met ASA as die voertuig."

Die tweede deel van die strategie is om 'n inkomste te verseker. Die Nasionale Landboubemarkingsraad het ASA se aansoek om 'n statutêre heffing goedgekeur. Daarna is dit ook deur die Ouditeur-generaal goedgekeur en aan die parlementêre portefeuljekomitee voorgelê. Hoewel die komitee aanvaar dat statutêre heffings nodig is, het hy die aansoek afgekeur omdat die komitee nie met die trust tevrede is nie en omdat hy nog nie vrede kan maak met die groot verliese van die verlede nie.

Die portefeuljekomitee het voorstelle oor die samestelling van die trust gedoen. Dit is nou in die hande van adv. Les Kügel. Sodra die vereistes nagekom is, sal die trust, die Potato Levy Trust, begin werk.

Die portefeuljekomitee se voorstel is dat die trust nie geslote moet wees nie. Dit moet meer as een begunstigde hê. Die trustees moet verteenwoordigend van die hele bedryf wees en die trust moet onafhanklik van ASA wees. "Dit moet 'n armlengte van ASA af wees." Die trust moet die heffingsgeld bestuur en ASA kontrakteer om die werk te doen. ASA sal seker maak dat die trust die bedryf dien.

Forensiese ondersoek

Mnr. Lawrence sê dit was een van die groot probleme. Die trust en ASA was te ineengeweef, wat veroorsaak het dat die trust se probleme ASA s'n geword het. 'n Forensiese ondersoek deur die Departement van Landbou, soos deur die portefeuljekomitee versoek, sal ook verwelkom word. Op die kongres in 2001 is teen só 'n ondersoek besluit omdat ASA nie die R800 000 daarvoor het nie.

Die heffingsgeld is ook vir toegepaste navorsing nodig. Boere en werkgroepe gaan 'n al hoe groter rol speel om die navorsing gedoen te kry. Daarvoor is ook vennootskappe met instellings soos die LNR, universiteite, chemiese en kunsmismaatskappye nodig.

Mnr. Guillaume Cloete, assistent-hoofbestuurder van ASA, sê alle strukture wat nie deel van die organisasie se kernbesigheid is nie, is uitgeskakel of werk nou onafhanklik van ASA. Hy fokus dus op sy kernbesigheid: Bedryfsinligting, bestuur van navorsing en reklame en promosie.

ASA het sy bedryfsfilosofie verander van bestuur van bo na deelname van die grondvlak af.

Daarom het ASA in elke produksiegebied 'n bestuurspan om die beleid en inligting te koördineer. Elke gebied het 'n amptenaar wat op inligting- en navorsingsbestuur fokus. Dié ses inligtingsbestuurders versamel die produksie- en bemarkingsinligting per produksiegebied landwyd. Dié inligting word as nasionale bedryfsinligting vir almal in die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf beskikbaar gestel.

Boere se voorkeure en behoeftes ten opsigte van navorsing en die oordra van tegnologie word op dieselfde manier gehanteer.

Om hierdie strukture te finansier, het 85 % van die land se aartappelboere in 'n nasionale referendum ten gunste van 'n statutêre heffing gestem. Altesaam 90 % het te kenne gegee hulle wil steeds 'n bedryfsorganisasie hê.

Die vrywillige heffing wat ontvang word, is genoeg vir die daaglikse bestuur van ASA, maar nie vir navorsing en dienste nie. 'n Groot behoefte bestaan ook aan doelgerigte promosie en produkbevordering. Daarvoor is die statutêre heffing nodig. 'n Paar boere het hul vrywillige heffings gestaak, maar die situasie het al soveel verbeter dat die meeste aangedui het dat hulle weer hul heffings sal betaal.

Mnr. Lawrence doen 'n beroep op boere om saam te werk om die organisasie op die wenpad te kry. Dit kan gedoen word deur voort te gaan met die aansoek om statutêre heffings, die nuwe trust in orde te kry, seker te maak dat die bedryf nie gekaap word nie en die trust reg te struktureer.

"Hou die bedryf positief, hou ASA aan die gang totdat alles in werking is, moedig boere aan om vrywillige heffings te betaal en bestuur ASA nougeset volgens inkomste."

  • Mnr. Cloete sê die begrote uitgawes van R56,2 miljoen en inkomste van R56,3 miljoen soos in Landbouweekblad van 7 Junie berig, is syfers vir 'n begroting van 5 jaar soos wat aan die NLBR voorgelê is. Dit is nie vir die huidige belastingjaar nie. Die R30 000 vir terugbetaling van skuld aan die LNR is verkeerd. Die huidige agterstallige skuld wat betaal word, is R143 000 per maand. Dit sluit BTW uit.

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.67
    +0.9%
    Rand - Pond
    20.15
    +0.3%
    Rand - Euro
    17.58
    -0.3%
    Rand - Aus dollar
    11.49
    +1.1%
    Rand - Jen
    0.12
    +0.9%
    Goud
    1,712.49
    +0.8%
    Silwer
    20.95
    +1.2%
    Palladium
    2,339.50
    +5.2%
    Platinum
    927.50
    +2.5%
    Brent-ruolie
    88.86
    +4.2%
    Top-40
    59,638
    +3.1%
    Alle aandele
    66,095
    +2.9%
    Hulpbronne 10
    64,234
    +4.2%
    Industriële 25
    79,745
    +2.9%
    Finansiële 15
    14,055
    +1.7%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Lus vir lekker lag
    Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
    Lag en leef
    Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot