AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Afgri steun perk op pekelwater

Afgri steun die Regering se voorgestelde perk op pekelwater van 15% vir porsies en 10% vir heel hoender.

Die landboudienste- en voedselgroep Afgri ondersteun die Regering se voorgestelde perk vir die toevoeging van pekelwater by hoender.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het in Desember beoogde regulasies gepubliseer waarvolgens die pekelwaterperk vir hoenderporsies 15% sal wees en vir heel hoender 10%.

Mnr. Chris Venter, hoof uitvoerende beampte van Afgri, se aankondiging dat Afgri dit steun, is in teenstelling met mnr. Chris Schutte, hoof uitvoerende beampte van Astral, se standpunt in Januarie dat die perk vir porsies onvanpas is.

Hoewel Astral ten gunste van die regulering en monitering van toevoegings het, het Schutte gemaan die voorgestelde perk sal die bekostigbaarheid van individueel vinnig bevrore (IQF) produkte benadeel.

Mnr. Izaak Breitenbach, besturende direkteur van Afgri Poultry, het nou in ’n verklaring gesê Afgri meen die voorgestelde perke is “eties, billik, redelik en wetenskaplik regverdigbaar”.

Maak speelveld gelyk
“Dit is ’n geleentheid om duidelike riglyne aan die bedryf te voorsien en sal die speelveld vir alle verskaffers van pluimveeprodukte in Suid-Afrika gelyk maak. ’n Perk sal die kommerwekkende mededingende druk om pekelwatervlakke te verhoog, wegneem.”

Breitenbach waarsku wel aandag moet aan die gevolge van die perke gegee word. “Die netto gevolg sal wees dat die koste van IQF met sowat 15% sal styg,” sê hy.

Volgens Afgri het die meeste pluimveemaatskappye meer as 30 maande verliese gely en sal nie die bykomende koste kan subsideer nie, terwyl veral verbruikers in laer inkomstegroepe dit moeilik sal vind om 15% meer te betaal vir ‘n  IQF-produk terwyl talle ander kos en dienste ook duurder geraak het.  

Meer as sout en water
Afgri sê die Engelse term brining sinspeel dat produkte met ’n sout-en-watermengsel ingespuit word, wat nie die geval is nie.

“Pluimveeprodusente, Afgri ingesluit, gebruik geurmiddels wat in die karkas of produk ingespuit word om dit sappiger en sagter te maak. Dit is ook die proses wat kitsrestaurante vereis om ’n spesifieke smaak en sagtheid vir hul onderskeie produkte te verkry.

“Om die karkas of porsie met ’n geurverbeteraar (wat goedkoper is as vleis) te behandel, verminder die koste per kilogram van die vleis, wat IQF-porsies die goedkoopste bron van diereproteïen maak.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-1.1%
Rand - Pond
20.21
+0.1%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.57
-0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,714.76
-0.7%
Silwer
20.57
-2.4%
Palladium
2,255.32
-2.9%
Platinum
920.90
-1.4%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot