AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Afname in geskoolde landbouwerkers bron van kommer

akkreditasie
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
Statistieke SA het onlangs die nuutste werkloosheidskoers bekend gemaak.

Hoewel die landbousektor daarin geslaag het om weer ’n ligpunt in Suid-Afrika se donker tonnel van werkloosheid te wees, is ’n bron van kommer dat die aantal geskoolde landbouwerkers in die sektor afneem, sê me. Lebogang Sethusha, IR-administrateur van Agri SA.

Volgens Statistieke SA se nuutste kwartaallikse arbeidsopname het die getal werkendes in Suid-Afrika in die tweede kwartaal van 2021 tot 14,9 miljoen afgeneem, terwyl die getal werkloses met 584 000 tot 7,8 miljoen toegeneem het.

As gevolg hiervan het die werkloosheidskoers van 32,6% tot 34,4% toegeneem, die hoogste koers sedert Statistieke SA in 2008 met die opname begin het. Dit beteken dat Suid-Afrika se werkloosheidskoers nou hoër as dié van ander Afrika-lande soos Namibië en Nigerië is.

Die landbousektor het weer sy belangrike rol in die ekonomie bewys deur teenoor die eerste kwartaal 69 000 meer werksgeleenthede in die tweede kwartaal te skep.

Sethusa sê die grootste bron van kommer is dat die sektor steeds ’n afname in geskoolde landbou ondervind. Die 65 000 werkgeleenthede in die eerste kwartaal het tot 45 000 in die tweede kwartaal afgeneem. Dit verteenwoordig ’n afname van 27,4% vergeleke met vorige kwartaal en ’n afname van 33,2% teenoor verlede jaar.

“Die toename in werkgeleenthede in die landbousektor dien as bewys van die sektor se verbintenis tot werkskepping, voedselsekerheid en ekonomiese groei, ten spyte van vele probleme. Die afname in werkgeleenthede vir geskoolde werkers is ’n aanduiding van ’n verlies aan vaardighede in die sektor se arbeidsmag. Dit beklemtoon die behoefte aan versnelde vaardigheidsontwikkeling in die sektor.”

Agri SA het daarom deur sy filiaal, Agri SA Enterprises, die Agri Enterprises Opleidings-en-ontwikkelingsakademie gestig om bedryfspesifieke opleiding in skaars vaardighede binne die sektor te voorsien. “Dit verseker die ontwikkeling van ’n gemeenskap van lewenslange leerders, verantwoordelike burgers en kampvegters vir die landboubedryf,” sê Sethusha.

Mnr. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom by Agbiz, sê nadat die landbousektor in 2014 sy laagste indiensnemingsvlak bereik het, verskaf dit nou 862 000 werksgeleenthede. Dit is ’n 8%-toename teenoor verlede jaar.

Hy sê dié toename is nie verbasend nie aangesien daar hierdie seisoen bogemiddelde opbrengste in veld- en tuinbougewasse is. Die tweede kwartaal is ook gewoonlik ’n bedrywige tyd vir die meeste landboubedrywe aangesien geoes word en meer arbeid dus benodig word.

Hoër pryse vir landboukommoditeite het boere se inkomste ’n hupstoot gegee en daarom kon hulle personeel, selfs seisoenale personeel, behou en meer mense aanstel.

Wes-Kaap en Mpumalanga

Vanuit ’n streeksperspektief het indiensneming volgens hom oral behalwe in die Wes-Kaap en Mpumalanga in die tweede kwartaal toegeneem teenoor die ooreenstemmende periode verlede jaar.

Hy skryf die afname aan indiensneming in die Wes-Kaap toe aan die feit dat die provinsie se wynbedryf hard getref is deur inperkingsregulasies op verskeie tydstippe sedert verlede jaar. “Hoewel die 185 000 werksgeleenthede in die Wes-Kaap in die tweede kwartaal nie op sy laagste is as dit met verlede kwartaal se 136 000 werksgeleenthede vergelyk word nie, is dit steeds aansienlik laer as die vyfjaargemiddelde van 209 000 werksgeleenthede.”

Wat Mpumalanga betref, sê Sihlobo dat dit onduidelik is wat die 11%-afname teenoor verlede jaar in die provinsie se indiensneming in die landbousektor veroorsaak het. “Dalk verklaar die afname in werksgeleenthede in bosbou en die wildbedryf die neigings in die provinsie se landbou-arbeid.”

Sihlobo lig ook uit dat syfers rondom indiensneming in die landbousektor interessant bly na aanleiding van die 16,1%-verhoging van landbouwerkers se minimum loon tot R21,69/h wat op 1 Maart vanjaar ingetree het.

Toe die nuwe minimum loon aangekondig is, was daar groot kommer oor wat die gevolge vir boere se kontantvloei en indiensneming in die landbousektor sou wees. Sihlobo sê die gevolge van die verhoging sal eers later duidelik word.

“Oor die algemeen is die landbou-ekonomie op ’n goeie plek vir die tweede opeenvolgende jaar. In 2020 het die sektor se BBP met 13,1% teenoor die vorige jaar toegeneem. Vanjaar sal dit waarskynlik weer goed presteer met die buro vir voedsel- en landboubeleid wat 7%-groei vir vanjaar voorspel.”

GELYKHEID NIE VOORUITGANG

TLU SA gee die ANC se “ondoeltreffende beleide oor bykans elke faset van die regering” die skuld vir Suid-Afrika se hoë werkloosheidskoers.

Mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA, sê die ANC maak geen geheim daarvan dat sosialisme die beleidsrigting is wat hy as regering nastreef nie aangesien dit so uiteengesit word in sy strategiese NDR-dokument. “Regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging is bloot woorde vir die plan om almal, behalwe hooggeplaastes, gelyk te maak.

“As mens kyk na lande waar kommunisme en sosialisme toegepas is, is die hoofdoelwit dat almal van die staat afhanklik moet wees, hetsy van toelaes vir die werkloses of werkverskaffing deur die staatsdiens. Met ’n werkloosheidsyfer van 44,4%, die onlangse voorstel vir ’n basiese inkomste toelae vir alle volwassenes en bykans R2 triljoen wat aan staatsbesoldiging bestee word, is dit baie duidelik waarheen die ANC op pad is.

“Die probleem met die ANC se plan is egter dat sosialisme en kommunisme nooit daartoe lei dat ’n land ekonomies vooruitgaan nie. Dit is ook nooit volhoubaar nie. Wanneer almal in die land ewe arm is, is dit nie vooruitgang nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot