AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

AfriForum help in saak oor moord tydens Clover-staking

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lede van AfriForum se private vervolgingseenheid saam met me. Michele Bebbington (voor, tweede van regs), verloofde van mnr. Terence Tegg wat tydens die Clover-staking vermoor is. Agter van links is mnre. Wico Swanepoel, Andrew Leask, Elias Maangwale en Drew Ludick. Voor is adv. Gerrie Nel en Phyllis Vorster en me. Natasha Venter. Foto: Verskaf deur AfriForum
Lede van AfriForum se private vervolgingseenheid saam met me. Michele Bebbington (voor, tweede van regs), verloofde van mnr. Terence Tegg wat tydens die Clover-staking vermoor is. Agter van links is mnre. Wico Swanepoel, Andrew Leask, Elias Maangwale en Drew Ludick. Voor is adv. Gerrie Nel en Phyllis Vorster en me. Natasha Venter. Foto: Verskaf deur AfriForum
AfriForum se private vervolgingseenheid staan die geliefdes en familie by in die hofsaak nadat twee veiligheidswagte tydens die voortgesette staking by Clover aangeval en een vermoor is.

Twee beskuldigdes wat aangekla word van onder meer die moord op mnr. Terence Tegg, die oud-Recce wat tydens die Clover-staking dood is, asook poging tot moord op mnr. J.J. Cassanga, een van die wagte wat tydens die aanval ernstig beseer is, se borgtogaansoek sou gister (16 Maart) in die landdroshof in Tembisa aangehoor word.

AfriForum, wie se private vervolgingseenheid Tegg se verloofde, me. Michele Bebbington, asook die Cassanga-familie bystaan, sê die borgtogaansoek is op versoek van die verdediging tot 24 Maart uitgestel.

Die burgerregte-organisasie sê sy private vervolgingseenheid staan die families en geliefdes by om te verseker dat die saak die nodige aandag geniet. Cassanga is onlangs uit die hospitaal ontstaan.

Adv. Gerrie Nel, hoof van die eenheid, sê in ’n verklaring dat lede van die polisiebestuur aan AfriForum ’n boodskap gestuur het dat hulle die eenheid se betrokkenheid by die saak verwelkom.

AfriForum sê die uitstel van die borgtogaansoek volg nadat die beskuldiges se regsverteenwoordigers aangedui het dat hulle nie gereed was nie. Dit was omdat hulle eers gisteroggend daarvan bewus geword het dat bykomende klagte, onder meer kwaadwillige saakbeskadiging en roof, tot die klagstaat gevoeg is.

Dié klagte het gevolg nadat dit aan die lig gekom het dat die stakers Tegg en Cassanga na bewering van hul vuurwapens beroof het en dat Tegg se beursie gesteel is.

“Ons sal voortgaan om Michele, die Tegg-familie en die Cassanga-familie by te staan, asook om saam met die ondersoekbeampte en nasionale vervolgingsgesag te werk om te verseker dat geregtigheid geskied,” sê Nel.

“Hierdie was ’n wrede aanval op mense wat bloot hul werk wou doen. Die vermeende aanvallers het geen respek vir die reg getoon nie.” 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot