
Geskiedkundig gesproke het verbeterings in landboutegnologie koolstofuitstralings afgedwing en grond beskerm, maar prof. Thomas Hertel van Purdue Universiteit in Indiana in die VSA, sê dat verhoogde landboubedrywighede in Afrika nou die teenoorgestelde uitwerking kan hê. Meer onbenutte grond word omgeskakel na graanproduserende landbougrond, wat meer koolstof in die atmosfeer vrystel.
In ’n navorsingstuk wat in die joernaal Proceedings of the National Academy of Science gepubliseer is, sê Hertel verbeterde landbouproduksie in Afrika, ’n koolstofryke gebied met lae landbou-opbrengste, kan ongunstige uitwerkings op die omgewing hê.
Hy voeg by dat sommige navorsers meen dat hoër winsgewendheid in Afrika-landbou sal die bedryf se negatiewe uitwerking sal vererger, terwyl ander meen die meer intensiewe boerdery wat sal ontwikkel, oor die algemeen beter sal wees vir die omgewing, aangesien beter opbrengste op minder grond moontlik is.
“Ons het gepoog om te bepaal wie is reg,” sê Hertel. “Ons het ontdek dat beide hipoteses geldig kan wees - afhangend van plaaslike omstandighede.” Hy voeg by dat die moontlike ongunstige uitwerking van ‘n “groen rewolusie” in Afrika sal wel metertyd afneem, veral as opbrengste vinnig verbeter.
Koolstofryke grond en gebiede ryk in biodiversiteit moet egter dadelik beskerm word teen oorskakeling na landbougrond, sê Hertel. “Om opbrengste op te stoot het voordele, maar dit bly ’n uitdaging om wêreldwye voedselvoorrade op verbeter en steeds die landbou se uitwerking op die natuur te beperk.”