AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9423
0,00
CORN
28 Sep
-
4756
0,00
SOYA
28 Sep
-
9247
0,00
SUNS
28 Sep
-
9708
0,00
WEAT
28 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
28 Sep
-
4779
0,00
YMAZ
28 Sep
-
4682
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Afskaling dui op kortsigtigheid

Kapitaal wat in landbounavorsing in Suid-Afrika belê word, lewer 'n opbrengs van 15 % tot 100 %. Die staat doen swak besigheid as hy hierdie belegging verklein, sê dr. Jons Terblanche, 'n voormalige voorsitter en hoof uitvoerdende beampte van die Landbounavorsingsraad (LNR).

"Die staat kom nie sy verpligting teenoor die LNR na ten opsigte van parlementêre toekennings uit die Begroting nie en die LNR self kom nie sy verpligting na ten opsigte van navorsing nie omdat kleur en nie meer meriete en bewese vermoëns bepalende faktore is nie. Dit voorspel niks goeds vir die toekoms van landbounavorsing nie."

Die LNR was tot 'n tyd gelede die hoofspeler in landbounavorsing met sowat 70 % van die navorsings-produksie en dit het 'n groot uitwerking op die bevordering van die sektor gehad. Die situasie nou is dat navorsingsuitsette ondermyn word deur omstandighede wat dit benadeel. "Landbounavorsing kan nie doeltreffend bedryf word as die hoof van 'n instansie in onguns in die landbousektor is nie. Daar is blykbaar ook geen gesonde verbintenis tussen navorsingsinstitute en die sentrale hoofkantoor nie en skakeling tussen die bestuur en bedrywe is gebrekkig."

As oplossing vir die herstel van die navorsingsvermoë, stel hy voor dat 'n verklaring van voorneme tussen die LNR en die landbousektor ontwikkel en uitgereik word waarin onderneem word om in vennootskap saam te werk met bindende verpligtinge.

'n Tweede moontlikheid is 'n samewerkingsooreenkoms tussen die drie instansies wat by landbounavorsing betrokke is, naamlik die LNR, universiteite en die private sektor asook die landbousektor om in belang van landbou vraaggedrewe dienste te lewer.

"Die derde alternatief is privatisering deur bedrywe wat oor die finansiële vermoëns beskik. Die infrastruktuur moet dan gratis beskikbaar gestel word.

"As 'n laaste uitweg kan 'n privaat multi-nasionale landbounavorsingstelsel vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) of Nepad geskep word met 'n vennootskap tussen skenkerorganisasies en die onderskeie landbousektore. Só 'n stelsel sal dienste lewer teen markverwante vergoeding."

Dr. Terblanche sê dit is van deurslaggewende belang dat:

* Die goed opgeleide navorsers en ondersteunende personeel wat markverwant besoldig word voortdurend beskikbaar is.

* Toekomstige finansiering verseker word deur bindende kontrakte met alle belangegroepe en

* bykomende inkomste deur patent- en ander regte geskep word.

13 September 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.14
-0.7%
Rand - Pond
19.36
-0.1%
Rand - Euro
17.33
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.8%
Goud
1,624.05
-0.3%
Silwer
18.14
-1.4%
Palladium
2,068.00
-0.4%
Platinum
846.00
-0.9%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,621
0.0%
Alle aandele
64,026
0.0%
Hulpbronne 10
56,997
0.0%
Industriële 25
79,272
0.0%
Finansiële 15
14,209
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bleh
Plat op die aarde tipe mens soek n maatjie om dinge saak te doen🤭🙃en dinge saam meer te geniet
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot