AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Afskaling van mielie-aanplantings haalbaar

Hoeveel minder moet mielie-aanplantings in die volgende seisoen wees voor pryse na meer volhoubare vlakke sal terugkeer?

Ná vanjaar se groot oes en verliespryse wonder almal hoe die volgende seisoen gaan verloop. Ek glo nie daar is iemand wat sal wed dat mielie-aanplantings wat oor twee maande gaan begin, meer gaan wees as die 2016/’17-seisoen nie.

Die totale hektare aangeplant gaan waarskynlik minder wees. Die vraag is egter, hoeveel minder moet dit wees voor dit pryse van die huidige onwinsgewende vlakke na meer volhoubare vlakke dwing.

Eindvoorraad

Rolspelers in die mieliebedryf is voortdurend besig om die eindvoorraad vir die betrokke mieliejaar te bereken. Dit word gedoen deur die plaaslike vraag na mielies van die plaaslike aanbod van mielies af te trek en sodoende ’n eindvoorraadsyfer te bepaal.

As die eindvoorraad te laag is, moet mielies ingevoer word en pryse styg tot waar plaaslike mielies met die prys van ingevoerde mielies moet meeding. Sodra die eindvoorraad van plaaslike mielies bo minimumvlakke styg, beteken dit dat mielies na oorsese lande uitgevoer moet word. Pryse daal dus tot op vlakke waar Suid-Afrika se mielies internasionaal kan kompeteer.

Hoekom is daar minimum aanvaarbare eindvoorraadvlakke? Wanneer 30 April van ’n bepaalde mieliejaar aanbreek, kan daar nie nul tonne mielies in die land oor wees nie. Daar is ’n bepaalde tydsverloop tussen die aankoop van mielies deur ’n meulenaar totdat die mieliemeel op die Spar se rak beland.

In dié berekenings, ten opsigte van hektaar-afskalings, word 500 000 ton wit mielies en 500 000 geel mielies as minimumvlakke vir eindvoorraad gebruik.

Eindvoorraad vir 2017/'18

Die aanbod van mielies vir 2017-'18 word op meer as 16 miljoen ton beraam. Die vraag na mielies is 11 miljoen ton (voor enige diepsee-uitvoere). Indien daar geen diepsee-uitvoere sou wees nie, sal mielie-voorraad aan die einde van April 2018 op meer as 5 miljoen ton te staan kom. Die volgende tabel gee 'n aanduiding van die invloed van diepsee-uitvoere op eindvoorraad.

Haalbaarheid van uitvoere

Die afgelope week is 100 000 ton mielies na Japan uitgevoer. Suid-Afrika se logistieke vermo? om uitvoere te kan doen, sal nie beperkend wees nie.

Die groot rede vir moontlike onvoldoende toekomstige uitvoere is prys. In die berig Mielies: Bly uitvoerdroom net droom? wys markdeelnemers daarop dat huidige pryse te hoog is om werklik groot volumes transaksies vir uitvoer te bewerkstellig.

Safex-pryse, veral wit mielies sal verder moet daal, relatief tot uitvoerpariteitsvlakke soos daagliks bereken. Sodanige daling van die witmielieprys kan 'n drieledige voordeel inhou vir volgende seisoen. Dit kan diepsee-uitvoere van wit mielies stimuleer, dit nog meer aantreklik vir die plaaslike veevoermark maak en wit hektare eerder as die van geel mielies verminder.

Beginvoorraad vir 2018/’19

Die eindvoorraad van die een jaar is natuurlik die beginvoorraad van die jaar wat daarop volg. Die 2018-beginvoorraad, saam met die verwagte oes, vorm die aanbod van mielies vir die jaar. Die oesgrootte word op sy beurt weer bepaal deur die gemiddelde opbrengs per hektaar en die hoeveelheid hektare wat aangeplant word.

Die gemiddelde opbrengs oor vyf jaar van 4,2 ton vir wit mielies en 5,3 ton per hektaar vir geel mielies word gebruik om, saam met die hektare geplant, die moontlike oes vir 2018 te bepaal. Die tabel gee ’n beraming van die persentasie waarmee aanplantings moet verminder (gegewe die tonnemaat uitgevoer) voordat pryse nader aan invoerpariteitsvlakke sal beweeg.

Die 2018/’19-vraag na mielies is vir die berekenings hierbo met 1,8% ten opsigte van die 2017/’18-vraag opwaarts aangepas.

Verhouding van wit mielies teenoor geel

Hoewel daar vanjaar ’n oorproduksie van mielies is, is dit belangrik om na wit- en geelmielie-produksie afsonderlik te kyk. Vanjaar se net minder as ’n miljoen hektaar geel mielies is eintlik te min vir die veevoermark. Die groot “sondaar” ten opsigte van oorproduksie is wit mielies. Daar moet meer wit mielies uitgevoer word, nie geel mielies nie, en aanplantings van wit mielies moet afgeskaal word. In ’n ideale wereld kan aanplantings van geel mielies selfs styg.

Veranderlikes

Die berekenings berus op heelwat aannames, veral die van ’n gemiddelde opbrengs volgende jaar. ’n Ondergemiddelde opbrengs kan enige afskaling in hektare, al is dit ook hoe klein, in ’n reuse-tekort verander. Indien vanjaar se opbrengste volgende jaar herhaal word, kan selfs aansienlike hektaarafskalings nie genoeg wees om pryse te verbeter nie. Almal kan soveel somme maak as wat hulle wil, maar reën en die verspreiding daarvan sal uiteindelik die bepalende faktor wees.

Bogenoemde uitvoersyfers is tot 30 April 2018, terwyl mielieboere nou al met die besluitnemingsproses ten opsigte van hektare moet begin. Sal plaaslike pryse van wit mielies daal dat goeie uitvoerkontrakte gesluit kan word?

Daar is soveel permutasies dat produsente in die versoeking kan kom om geen vooruitskouing of vooruitbeplanning te doen nie. Moenie niks doen nie, al is vandag se somme volgende week heeltemal verkeerd. Doen vooruitbeplannings, maar pas dit gereeld aan soos wat nuwe inligting beskikbaar word. Die berekenings soos hier gedoen is ’n poging om daarmee te help.

Haalbaarheid van afskaling

Gedurende die 2004/’05-seisoen het die mielieprys ook tot onder die produksiekoste van die oes gedaal. Die volgende jaar is aanplantings met ’n enorme 45% afgeskaal. Dit laat selfs die slegste scenario van 32% realisties en haalbaar lyk.

Is 2004/’05 op vanjaar van toepassing? Hoewel die pogings van Graan SA in 2005 om die oorproduksie van mielies onder produsente se aandag te bring, ook ’n bydrae gelewer het, was die ekonomiese werklikheid van mielieproduksie op daardie tydstip loshande die grootste faktor in produsente se besluit om produksie af te skaal.

Indien die hektaarafskaling suksesvol is, kan pryse tot geel invoerpariteitsvlakke styg, wat gegewe die huidige wisselkoers en internasionale pryse, nie veel meer as R2600 per ton is nie.  Dis beter as nou, maar steeds nie veel van ’n aansporing om mielies te plant nie. Die winsgewendheid van mielieproduksie is onder druk, met of sonder oorskotte.

Die Amerikaners het die volgende gesegde: “The cure for low prices is low prices”. Dit was waar in 2004/’05 en is vanjaar meer relevant as ooit.

* Geskryf deur Johann Strauss, ’n navorser.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot