AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Agbiz-kongres – Gereed vir die toekoms

Die tweejaarlikse kongres van die Landboubesigheidskamer (Agbiz) is een van die grootste gebeurtenisse op die Suid-Afrikaanse voedsel-, voer-, vesel- en wynbedrywe se kalender.

Promosie-artikel:

Hierdie kongres word gesien as dié netwerkgeleentheid in landboubesigheid waar topsprekers, landbouleiers en beleidmakers bymekaarkom om die toekoms van die breër landbou-voedselbedryf te bepaal.

Die 2016 Agbiz Kongres word gehou by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes, Kaapstad, op 1 en 2 Junie vanjaar en na verwagting sal dit deur meer as 200 afgevaardigdes bygewoon word.  Die kongres, met die tema, “Gereed vir die Toekoms”, val saam met Agbiz se 70ste bestaansjaar.

Kongresafgevaardigdes bestaan uit hoofuitvoerende beamptes (HUB’s), senior bestuurders en raadslede van die meeste Suid-Afrikaanse landboubesighede, wat onder meer insluit landboubesigheidafdelings van die land se grootste banke, versekeringsmaatskappye, finansiële ontwikkelingsinstansies, agribesighede/koöperasies, insetverskaffers sowel as landbouverwerkers.

Dr. John Purchase, HUB van Agbiz, sê die kongres sal insiggewende onderwerpe bespreek, soos die plaaslike en internasionale ekonomiese omstandighede, grondhervorming, transformasie, handelsontwikkelinge, energie-oplossings, watersekuriteit en sosio-ekonomiese scenarios vir Suid-Afrika. Bykomend tot die kongresprogram, bied Agbiz ‘n werkswinkel oor transformasie /BBSEB, asook ‘n kongrestoer oor die wonderlike kombinasie van voedsel, sout en wyn aan.

“Ons gasspreker, mnr. Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, sal perspektiewe oor die Suid-Afrikaanse ekonomie deel en aandui watter ekonomiese roete Suid-Afrika moet volg om beduidende inklusiewe groei te bewerkstellig in ‘n omgewing wat relatief lae en stabiele inflasie handhaaf. Mnr. Kganyago se aanbieding sal ook ‘n kykie bied op die ware ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika ondervind, soos langdurige dalende BBP-groeikoerse, werkloosheid, afname in beleggings en die impak van beleid op die beleggingsomgewing, en depresiasie van die rand en inflasie, insluitend voedselinflasie, sê Dr. Purchase.

Onderwerpe op die program sal deur die volgende sprekers aangebied word:

• Ekonomiese vooruitsigte, mnr. Ettienne le Roux, hoofekonoom by Rand Merchant Bank (RMB)

• BEE en die verwagtinge van swart jeugdiges, mnr. Mpumelelo Mkhabela, voormalige redakteur van die Sowetan

• Handelsontwikkelings in Suid-Afrika, mnr. Peter Draper, besturende direkteur van TUTWA Raadgewend

• Watersekuriteit en -bestuur in Suid-Afrika, prof. Mike Muller, besoekende adjunk-professor van die nagraadse bestuurskool by die Universiteit van die Witwatersrand

• Opdatering van die grondhervormingsbeleid  en Agbiz se perspektiewe, Dr John Purchase, HUB van Agbiz

• Status van grondhervormingsimplementering, me. Leona Archary, adjunk-direkteur-generaal van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming

• Energiesekuriteit, mnr. Brian Statham, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Energievereniging

• Sosio-ekonomiese scenarios vir Suid-Afrika, me. Chantell Ilbury, onafhanklike scenario-strateeg, fasiliteerder en topverkope besigheidsouteur.

Ingesluit in die kongresprogram is die Agbiz Kongres-Studentekompetisie. Altesaam 16 topgegradueerde studente van die grootste universiteite in die land sal in vier groepe teen mekaar meeding ten opsigte van die ontwikkeling van besigheidsgeoriënteerde oplossings vir sakeprobleme, spesiaal geskryf vir dié kompetisie. Dit is ‘n uitstekende geleentheid vir studente om hul vaardighede aan bedryfsleiers bekend te stel.

Purchase sê Agbiz sal vanjaar vir die eerste keer ‘n kongreswerkwinkel sowel as ‘n kongrestoer aanbied.

Die kongreswerkwinkel op 31 Mei sal fokus op die implementering van BBSEB-strategieë, wat in lyn is met die nuwe AgriSEB sektorkode wat noodsaaklik is vir inklusiewe groei. Die werkwinkel se tema is leierskap in landboubesigheid en is só gestruktureerd om inligting aan uitvoerende bestuurslede en sleutelwerknemers te voorsien ten einde ingeligte besluite rakende BBSEB-implementering te maak. Die fokus van die werkwinkel is op eienaarskap, vaardigheidsontwikkeling, onderneming- en verbruiksontwikkeling asook multikulturele leierskap. Me. Joyene Isaacs, hoof van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, is die openingspreker.

‘n Opwindende kongrestoer is gereël vir afgevaardigdes om meer tyd in die Wes-Kaap te spandeer asook om netwerkgeleenthede ná die kongres te benut. Die toer sluit ‘n wynproe by Die Bergkelder in Stellenbosch in sowel as ‘n wyn en sout 4-gang maaltyd, aangebied deur die kundige sout-aficionada, sjef Craig Cormack, wat 'n pragtige versameling van plaaslike en internasionale soute met resepte, wat moeiteloos met Die Bergkelder se reeks wyne saamsmelt, sal bespreek en demonstreer.

Vir meer inligting en om te registreer, besoek ons webtuiste by www.agbiz.co.za/congress-2016, of stuur ‘n e-pos na admin@agbiz.co.za, of skakel ons by 012 807 6686.

Baie dankie aan ons borge en uitstallers: Standard Bank (hoofborg), Absa AgriBusiness, John Deere Financial, Afgri, BKB, Durban Fresh Produce Market, Engen, FNB, GWK, Kaap Agri, KLK, Monsanto, Mutual & Federal, Nedbank, NWK, Obaro, Overberg Agri, Pamodzi Qnique Engeneering, Sanlam, Santam Agriculture, Senwes, Signa, SSK, Suidwes, Syngenta, Talent Africa, Tiger Brands, TWK, VinPro, Voermol, VKB.

Mediavennote: Agriworld SA, FarmBiz, Farmer’s Weekly, Harvest SA, Landbouweekblad, Red Meat/Rooivleis, The Dairy Mail, Wolboer/Wool Farmer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.64
+1.1%
Rand - Pond
20.24
-0.2%
Rand - Euro
17.60
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.45
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,725.20
+1.5%
Silwer
21.03
+1.5%
Palladium
2,310.39
+3.9%
Platinum
934.70
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot