AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Agri Megaweek net om die draai!

Oor twee weke open Agri Mega Week 2016 met 'n fokus op eietydse oplossings vir hedendaagse kommersiële- en kleinboere.

Die 24ste Agri Megaweek bied 'n stampvol program vir boere, plaaswerkers, verbruikers en gesinne.

Met die kollig op water se onontbeerlike rol in volhoubare produksie; die bekendstelling van die honderdste bestaansjaar van die Hereford beesras; 'n propvol veeprogram en vuurwarm graan- en ekonomiese debatvoering bied die 24ste Agri Megaweek 'n genotvolle program.

Agri Megaweek 2016 word vanaf Woensdag, 14 tot Saterdag, tot 17 September by Mega Park, Bredasdorp aangebied.

Volgens mnr. Pikkie Louw, projekbestuurder van die Mega Groep van maatskappye word geen steen onaangeroer gelaat om aan die boer, sy plaaspersoneel, die waardeketting en verbruikers te gee wat hulle vra nie. Daar is meer as 500 uitstallers en van die beste nuus is dat die immergewilde Ruêns Kollege Steakhouse weer daagliks op die ekspo-terrein oop sal wees, meen Louw.

Graandebat gewild

"Die openingsdebat oor die ekonomiese werklikhede, met die ekonoom Dr. Roelof Botha om 09:00 die 14de, is noodsaaklik vir alle besluitnemers en boere wat besigheid ernstig opneem. Graanboere vanuit die hele Suid-Afrika is welkom by Graan SA en Standard Bank se graandebat om 09:00 die Donderdag.  'n Plaaswerkerprogram kom Vrydag, 16 September, aan die beurt.

Vrydag, die 16de kom die eerste in 'n nuwe reeks jaarlikse Water Inligtingsdae aan die beurt. Die Nasionale Waternavorsingskommissie (WNK), Nedbank en Landbouweekblad bied noodsaaklike inligting oor toekomsgerigte waterbestuur vir voedselproduksieop die plaas . Toegang vir die gesprek beloop R100, wat toegang insluit.

Agri Megaweek is deur die Hereford Telersgenootskap aangestel om in 2016, 2017 en 2018 die honderdste bestaansjaar van hierdie veeldoelige ras in Suid-Afrika te vier. Vanjaar sal boere daagliks uitsoek-Herefords kan besigtig. Die Overberg Jerseyskou bring die beste melkbeeste in die streek na vore en daar is daaglikse grootvee rasbekendstellings. Kleinveeboere kan die veelsydigheid van skaaprasse in die verskeidenheid diere by die ekspo geniet.

Baie demonstrasies

Daaglikse landboumasjinerie- en werktuig-tentoonstellings en demonstrasies; 4x4-demonstrasies en die hemelhoë Rola-toetsbaan waarop besoekers die nuutste modelle kan beleef; die Overberg Veteraantrekker Vereniging se ysterperde; daaglikse skaapskeer-demonstrasies deur CMW; hoefsny-sessies; voeding en die melk van koeie sal boere en ander besoekers vermaak.

Vanaf Donderdag, die 15de tot Saterdag sal die Wes-Kaapse Arabier Kampioenskap in die Arena op die park plaasvind. Die fikses en flukses kan Saterdagoggend - ingesluit by hekgeld - kom deelneem aan die 5km Mega PETex Kleur Pretloop.

* Kaartjies vir die Agri Megaweek is by Computicket en by die hekke beskikbaar. Kontak 028 424 2890 of besoek www.agrimegaweek.co.za vir die volledige program.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
+0.0%
Rand - Pond
20.09
+0.0%
Rand - Euro
17.64
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,710.45
-0.1%
Silwer
20.72
+0.3%
Palladium
2,260.50
-0.1%
Platinum
924.66
-0.1%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot