AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Agri Noordwes sit nie op moedverloor se vlakte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Reën naby Stella in Noordwes. Foto: Suzanne Venter
Reën naby Stella in Noordwes. Foto: Suzanne Venter
Agri Noordwes se jaarkongres is die week virtueel aangebied.

Dit is duidelik dat lede van Agri Noordwes nog nie hoop verloor het nie. ’n Onlangse opname onder lede het aangedui dat 93% van hulle optimisties is oor die toekoms van die landbou in die provinsie.

Dit, ten spyte van pessimisme oor die neiging van agteruitgang en die probleme om in ’n mislukte staat of provinsie te boer, het mnr. Willem de Chavonnes Vrugt, president van Agri Noordwes, in sy presidentsrede gesê toe hy lede op die organisasie se jaarkongres toegespreek het. Hy is tot president herkies.

Sakeliga het sy platform beskikbaar gemaak sodat Agri Noordwes sy eerste virtuele kongres kon hou. Die tema van die kongres was “Agri Noordwes, ’n baken van hoop”.

“ ’n Mens kan nie optimisties wees oor die toekoms as jy nie hoop het nie,” het hy benadruk.

“Ons provinsie gee wel vir enigeen genoeg geleentheid om pessimisties te wees. Ons munisipaliteite, staatsdepartemente en polisie is jaarliks onder die swakste in Suid-Afrika. Ons het in die seisoen, persentasiegewys, die meeste hektaar nog verloor aan veldbrande en ons werkloosheidsyfer is van die hoogste in Suid-Afrika, veral in die plattelandse gebiede.”

Swart boere

De Chavonnes Vrugt het gesê die staat se onvermoë om nuwe boere te vestig, is ’n groot probleem. “Die huidige brandseisoen waar die meeste brande op staatsgrond begin of oor staatsgrond versprei het, is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Die afgelope 25 jaar het ons geleer dat ons nie op die staat en staatsinstellings kan staatmaak om in die kommersiële landbou se belang op te tree nie.”

Daar is egter verskeie organisasies wat die geleentheid wat ontwikkelingslandbou bied, ondersoek. Hy voorsien dat daar nuwe geleenthede vir die lede gaan wees wat die aptyt het om in ontwikkelingslandbou betrokke te raak. “Ons benadeel onsself deur nie die geleenthede te ondersoek nie. Die deelname van ons lede in die privatisering van ontwikkelingslandbou sal stabiliteit deur ekonomiese groei op die platteland bring.”

Organisasie

Die organisasie se ledetal was relatief stabiel oor die afgelope twee jaar en wys op die waarde wat dit vir boere in Noordwes bied. “Ons hoop en vertrou dat daar weer meer gereeld geldinsamelingsgeleenthede gaan wees en dat ons deurlopend veilings sal kan hou. Ons vertrou ook dat, namate landboutoestande ná die droogte van twee jaar gelede verbeter, ons meer platinum lede gaan werf in die komende jaar.

“Hoop is die regte begin, maar sonder optrede beteken dit niks,” het De Chavonnes Vrugt gesê.

Agri Noordwes het die afgelope jaar verskeie probleme oorkom en wil deur die planne wat saam met die lede geformuleer is, in die komende jaar op toepassing konsentreer. “Die spanbenadering van grondvlak af moet versterk word sodat ons personeel en leiers van Agri Noordwes kan bemagtig met voldoende relevante inligting en ondersteuning.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.3%
Rand - Pond
20.20
-0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+1.2%
Goud
1,699.36
+2.3%
Silwer
20.69
+8.7%
Palladium
2,225.50
+2.7%
Platinum
904.00
+4.6%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,850
+0.8%
Alle aandele
64,227
+0.8%
Hulpbronne 10
61,646
+2.3%
Industriële 25
77,524
+0.2%
Finansiële 15
13,816
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot