AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Agri SA: Maatskappyplanne gelooi

Sommige boere is ontevrede oor Agri SA se maatskappyplanne.

Agri Limpopo gaan Agri SA vra vir ’n jaar lange moratorium op die implementering van ingrypende veranderinge in laasgenoemde se bestuurstruktuur.

’n Mosie van AgriBosveld in dié verband is by Agri Limpopo se onlangse kongres op Modimolle aanvaar. Die organisasie wil hê die beoogde verandering van Agri SA se grondwet en die veranderde memorandum van inkorporasie van die voorgestelde veranderde korporatiewe struktuur moet vir minstens ’n jaar uitgestel word.

In dié tyd wil Agri Limpopo antwoorde van Agri SA hê oor kwellinge oor dié hervormings:

¦Gaan ’n korporatiewe struktuur die besluitnemingsproses gunstig beïnvloed en hoe?

¦Hoe gaan die primêre landbou se belange verskans word in ’n direksie waarin korporatiewe lede ook dien?

¦Wat gaan die sentrums van uitnemendheid se status wees, en hoeveel uitvoerende gesag sal hulle hê?

¦Wat gaan hierdie nuwe struktuur boere kos?

¦Hoe sal ’n maatskappy tot groter landbou-eenheid bydra?

LEES OOK: Omri van Zyl stel Agri SA se saak

Duidelikheid

Agri Limpopo se lede wil duidelikheid hê oor die sterk punte, swak punte, geleenthede en bedreigings van ’n maatskappystruktuur.

Die maatskappymodel sal Agri SA basies in ’n nie-winsgewende maatskappy omskep met ’n sakevleuel, Agri SA Enterprises, wat geld sal insamel.

Die finale besluitnemingsfunksie van die algemene raad sal in die nuwe struktuur deur ’n direksie vervang word. Mnr. Christo van der Rheede, Agri SA se adjunk- uitvoerende direkteur, het op die kongres gewaarsku dat veranderende tye vernuwing in die organisasie verg.

“Daar is geen manier dat Agri SA kan voortgaan soos 100 jaar gelede nie,” het hy gesê oor struikelblokke, soos klimaatsverandering, politieke onsekerheid, misdaad en wêreldmarkte, wat ’n nuwe benadering verg.

“Nou moet ons onsself afvra: Het ons die regte mense om hierdie probleme te help takel? Is u as boere tevrede en is u bereid om daardie struktuur te finansier? Sonder geld is daar nie ’n kat se kans dat ons kundigheid kan aanstel en die struktuur kan finansier nie,” het Van der Rheede gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Soek geselskap
Ek hou van gesels Ek is eerlik en opreg. Ek hou van die natuur. Ek hou van diere. Ek hou daarvan om na myself om te sien.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot