AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Agri SA nog nie seker oor minerale-wet

Agri SA is nog nie seker in watter mate sy bekommernisse oor die Wetsontwerp op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne uit die weg geruim is nie.

Mev. Annelize Crosby, regsbeampte van Agri SA, sê die organisasie het daarvan kennis geneem dat die toepaslike parlementêre komitees probeer het om sommige van sy bekommernisse deur wysigings aan te spreek. Regsadvies gaan eers ingewin word voor 'n amptelike verklaring uitgereik sal word.

Dié omstrede wetsontwerp skei mineraalregte van grondbesit en plaas dit in die "bewaarskap" van die staat. Swart bemagtiging en die transformasie van die mynbedryf was die grootste beweegredes daaragter.

Mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront het gesê dit is niks anders as nasionalisering nie. Mnr. Maans Nel van die Nuwe Nasionale Party meen die Minister van Minerale en Energiesake, me. Phumzile Mlambo-Ngcuka, moes eerder van metodes soos grondrestitusie en -hervorming gebruik maak om 'n meer gelyke bedeling te bewerkstellig.

Die Nasionale Raad van Provinsies het die wetsontwerp verlede Woensdag aanvaar, kort ná sy komitee vir ekonomiese sake nog enkele veranderings aangebring het om groter sekerheid oor aspekte rondom vergoeding te gee.

Ingevolge die vorige bepalings in die wetsontwerp moes grondeienaars en houers van ou orde mineraalregte binne vyf jaar ná die wet in werking getree het, eise om vergoeding indien in die geval waar hul grond vir nuwe mynbedrywighede onteien is. Hierdie tydsraamwerk is nou geskrap.

Mev. Crosby sê dit lyk of die wetsontwerp nou voorwaardelik voorsiening maak vir vergoeding waar onteiening van die oppervlakregte plaasvind.

Mnr. Lourie Bosman, ondervoorsitter van Agri SA, het onlangs in 'n voorlegging voor 'n gesamentlikte sitting van die parlementêre portefeuljekomitee vir minerale en energiesake en die gekose komitee gesê die wetsontwerp is in stryd met die bepalings van art. 25 van die Grondwet, omdat dit neerkom op die onteiening van grond sonder vergoeding.

'n Wysigings wat vroeër aangebring is, is dat die houer van 'n prospekteer- of mynreg nou eers die grondeienaar moet nader en met hom moet konsulteer voor hy sy regte kan uitoefen. Een van Agri SA se besware was dat die regte van grondeienaars heeltemal onderskik gestel word aan dié van mineraalreghouers.

Junie 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot