AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Agri SA soek nuwe uitvoerende hoof

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Christo van der Rheede. Foto: Verskaf
Mnr. Christo van der Rheede. Foto: Verskaf
Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, het bekend gemaak dat hy einde Februarie 2024 gaan uittree.

Agri SA het met ’n proses begin om ’n nuwe uitvoerende hoof te soek ná die aankondiging van Van der Rheede dat sy heeltydse betrokkenheid oor ’n jaar tot ’n einde gaan kom as hy die ouderdom van 60 bereik. “Dit was inderdaad ’n voorreg om die landbousektor die afgelope sewe jaar in verskillende hoedanighede te kon dien,” sê hy.

’n Kennisgewing is uitgestuur waarin belangstellendes genooi word om ’n nuwe uitvoerende hoof te benoem.

Mnr. Jaco Minnaar, president van Agri SA, sê in die kennisgewing Van der Rheede sal in ’n nuwe rol binne Agri SA ingespan word, terwyl hy ook die nuwe uitvoerende hoof sal bystaan tot sy uittrede. Agri SA se direksie het die proses begin om ’n geskikte kandidaat te soek en ’n komitee is aangestel om die proses te bestuur.

Die onderneming Signium Africa is aangestel om die komitee by te staan. Minnaar sê terwyl die proses aan die gang is, sal geen inligting met enige belanghebber gedeel word nie. “Die direksie sal ’n aankondiging doen sodra hy die suksesvolle kandidaat goedgekeur het.”

In die soektog na ’n geskikte kandidaat word die pos intern en ekstern geadverteer. Signium Africa doen ook sy eie navorsing en almal word genooi om kandidate te benoem wat vir die pos geskik. Benoemings kan tot 13 Maart 2023 direk aan Signium Africa verskaf word met die kandidaat se naam, posisie en werkgewer, asook kontakbesonderhede en die beroepsagtergrond van die persoon.

Mense word egter gevra om nie die kandidate wat hulle wil benoem direk te nader nie, sodat daar nie verwagtinge geskep kan word nie. Die proses sal deur Signium Africa behartig word.

Die vereistes waaraan ’n kandidaat moet voldoen, sluit in:

* ’n Meestersgraad in politieke administrasie en openbare leierskap, of MBA of MSc in landbou-ekonomie of ander relevante kwalifikasies.

* Agt tot tien jaar ervaring op senior bestuur- en raadsvlak.

* Bewese beroepsgeskiedenis in leierskapsrolle sowel as strategiese- en besluitnemingsposisies op korporatiewe en bedryfsvlak.

* Kennis en ervaring van die landbousektor.

* Deeglik kennis en ervaring van regeringstesels en prosesse, asook die ekonomie en landbou-ekonomie.

* Die vermoë om neigings op politieke, ekonomiese, maatskaplike, tegnologiese, omgewings en regsvlakke wat die landbou kan raak, te identifiseer en te bepaal wat die strategiese rigting is wat Agri SA moet inslaan om risiko’s te verminder.

* Die vermoë om strategiese beleidsopsies holisties te beskou en dit in resultate te omskep deur goeie bestuur.

* Die vermoë om interaksie met ander belanghebbers in die bedryf, asook hooggeplaastes te handhaaf.

* Die vermoë om doeltreffend te onderhandel en konflikte te hanteer met oopheid en ontvanklikheid.

* Die vermoë om goeie mediaverhoudinge te handhaaf en om belangrike kwessies vir die landboubedryf in die media te hanteer, openbare persepsies van die landbou gunstig te beïnvloed en ’n bewustheid van landbou se belankgrikheid te skep.

* ’n Goeie kommunikasievermoë in Engels en Afrikaans.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot