AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Agri SA vra staat weer vir droogtehulp

Agri SA sê die Regering moet nou ingryp om boere wat gebuk gaan onder die droogte op hul grond te hou.

Agri SA sê hy het sy bes gedoen om boere wat gebuk gaan onder die droogte te help met vee- en kuilvoer en dat dit nou tyd is vir die Regering om in te gryp.

“Dit is nou tyd vir die Regering om in te gryp met hulpverlening aan kommersiële en kleinskaalse boere,” sê mnr. Johannes Moller, voorsitter van Agri SA. “As boerederysektor en as landburgers, belastingbetalers en bydraers tot die ekonomie, verteenwoordig ons ’n belangrike belastingbasis. Dit is skandelik dat die kommersiële landbou- en opkomende boeresektore geen hulp van die Regering ontvang het nie. Tot dusvêr het ons geen sent van die Regering ontvang nie,” aldus mnr. Omri van Zyl, hoof uitvoerende beampte van Agri SA.

“Dit blyk dat die Regering nie toegerus is om rampe van hierdie omvang te hanteer nie; verder is dit kommerwekkend dat die veiligheidsnet vir Suid-Afrikaners sodanig verswak het dat hulpverlening nie moontlik is nie,” sê Van Zyl.

Die landbousektor se omset is nagenoeg R227 miljard per jaar, met ’n netto-belastingbydrae van ongeveer R50 miljard deur die primêre landbousektor alleen oor die afgelope 10 jaar, lui ’n mediaverklaring van die organisasie. “Ons bied werk aan meer as 850 000 mense in die sektor en is die enigste voedselseker-land in sub-Sahara-Afrika. Hoe beskerm jy hierdie bate in tye van ernstige nood? Jy help hulle,” sê Van Zyl.

Agri SA het die Regering versoek om noodhulp aan boere te verleen in die vorm van óf staatswaarborge óf direkte hulp. “Enige hulp word verwelkom,” sê Van Zyl.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
-2.3%
Rand - Pond
21.07
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
973.57
-5.0%
Palladium
1,621.00
-2.9%
Goud
1,865.26
-2.5%
Silwer
22.34
-4.8%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot