
Werklike radikale ekonomiese transformasie in die landbou is net moontlik as swart boere eiendomsreg op grond ontvang sodat dit hulle kan bemagtig om toegang tot finansiering te kry, sê mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA.
De Villiers het by die Nampo-Oesdag buite Bothaville oor die graanbedryf en grondhervorming gepraat.
“As nuwe boere nie titekaktes kry nie is transformasie nie moontlik nie. Dit is die kruks van die saak om nuwe boere te vestig.”
? Lees ook De Villiers se siening oor die mielieprys, wat verder gaan versleg voordat beter dae sal volg.