AFGRI
BEAN
31 Jan
-
9849,6
136,60
CORN
31 Jan
-
4716
28,00
SOYA
31 Jan
-
8763,8
14,80
SUNS
31 Jan
-
10018
58,00
WEAT
31 Jan
-
6749
55,00
WMAZ
31 Jan
-
4514
-36,00
YMAZ
31 Jan
-
4560
-45,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Aksie teen vuilbroed broodnodig

Die Kaapse heuningbybevolking ontwikkel nie ’n natuurlike weerstand teen jongbysiekte siekte nie en dit is uiters kommerwekkend.

Daarom is drastiese maatreëls nóú nodig om die siekte hok te slaan, waaronder die aanstelling van gekwalifiseerde heuning-inspekteurs om regulasies af te dwing om Amerikaanse vuilbroedsiekte (AFB) te beveg.

Mnr. Mike Asslopp, heuningby-navorser by die LNR op Stellenbosch, sê ’n vergadering is in Desember 2014 op Stellenbosch gehou waarby alle belanghebbendes betrokke was, en die volgende het na vore gekom:

  • Die AFB-uitbreking het nie afgeneem soos gehoop is nie, maar het versprei en is nou bykans in alle byeboerderye teenwoordig.
  • Geen natuurlike weerstand is aan die opbou by bye nie, en die omvang daarvan het bykans epidemiese afmetings in dele van die Wes-Kaap bereik. Dit benadeel byeboerdery én die wilde bye-bevolking, en dit bedreig nie net volgehoue byeboerdery asook bestuiwing van gewasse in die Wes-Kaap nie, maar in die res van Suid-Afrika en selfs Afrika.
  • Noukeurige bestuur is noodsaaklik deur heuningprodusente sowel as die owerhede om die siekte te beveg.
  • Die gebruik van anti-biotika word nie as ’n langtermyn-oplossing gesien nie.
  • Produsente is nie goed gerat om die siekte te beveg nie en opleiding en aanpassings in heuningby-bestuurspraktyke is nodig.

Die Wes-Kaapse Byebedryfsvereniging (WKBV) doen ’n ernstige beroep op die Wes-Kaapse departement van landbou om heuningby-regulasies wat handel oor AFB (Kennisgewing R858 van die Landbouwet op Peste van 15 November 2013), behoorlik af te dwing. Daarom word gevra dat spesiaal-opgeleide inspekteurs daarvoor aangestel word. Die voorkoms en verspreiding van die siekte moet beter gemonitor word, terwyl meer navorsing nodig is. ’n Beroep word ook gedoen op produsente om owerhede te help in hul pogings om die siekte te stuit.

Daar is op die volgende aksies besluit:

  • ’n Inligtingstuk: ‘Lewe met AFB’ moet teen die einde van die jaar beskikbaar wees aan alle produsente – ook in elektroniese vorm.
  • ’n Reeks veld-inligtingsdae gaan aangebied word deur die WKBV gedurende 2015.
  • Gesprekke word vroeg vanjaar beplan met byebestuiwings-afhanklike gewasprodusente-organisasies om goeie strategieë daar te stel rondom die beheer van AFB.
  • Gesprekke vroeg in die jaar gaan gevoer word met die Wes-Kaapse departement van landbou om die erns van die situasie onder hul aandag te bring en aksies te formuleer, waaronder monitering, die afdwing van regulasies en navorsing oor die siekte.

Die ondersteuning van die heuningbybedryf is belangrik om die verdere verspreiding van AFB te stuit. Die voorwaarde is egter dat enige maatreëls nie Wes-Kaapse heuningprodusente moet benadeel en in ’n swakker mededingende posisie plaas nie, soos ’n beperking op die verskuiwings van korwe en bye-produkte na ander dele van die land.

Allsopp sê die WKBV wil dringende gesprekke voer met Sabio, Suid-Afrikaanse Byebedryfsorganisasie, asook die Departement van Landbou oor die bedreiging wat die siekte vir die land inhou.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-0.4%
Rand - Pond
21.52
-0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
995.39
-0.6%
Palladium
1,611.58
-1.5%
Goud
1,904.54
-1.0%
Silwer
23.11
-2.1%
Brent-ruolie
84.90
-2.1%
Top-40
73,494
-1.1%
Alle aandele
79,488
-1.0%
Hulpbronne 10
76,067
-2.4%
Industriële 25
102,102
-0.6%
Finansiële 15
16,208
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot