AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Aksyns op wyn, tabak ry wipplank

Die aksyns op brandewyn plaas druk op verkoopsvolumes, maar die tabakbedryf rook die pyp met sy verhogings.

Waar die aksynsverhoging op brandewyn verlede jaar 10% was, is dit vanjaar na 12% verhoog. Mnr. Rico Basson, die besturende direkteur van VinPro, sê dat die verhoging verdere druk sal plaas op verkoopsvolumes van hierdie belangrike segment van die wynbedryf, wat reeds meer as 50% van sy kleinhandelprys aan aksyns en BTW moet afstaan.

Die aksynsverhoging op natuurlike wyn is egter die laagste in jare teen 6,2%. Vir die afgelope amper tien jaar was die verhoging vir hierdie segment tussen 8% en 10% en daar was tot een jaar wat dit 30% was. Basson meen dat die Regering groter begrip getoon het vir die unieke uitdagings van die Suid-Afrikaanse wynbedryf deur die verhoging te verlaag.

Hy het gesê dat daar steeds kommer heers oor die omvang van onwettige drankhandel en die sosio-ekonomiese impak van alkoholmisbruik. Die bedryf rig daarom ’n vertoë aan die Regering om ’n verantwoordelike beleidsraamwerk met gefokusde aksies daar te stel.

Die Tabakinstituut van Suidelike Afrika (Tisa) is tevrede met die verhoging van belastings van 2,5% tot 9,0% op tabakprodukte wat minister Pravin Gordan, die minister van finansies, in die Begroting aangekondig het.

Inkomste vir die staatskas
Mnr. Francois van der Merwe, hoofbestuurder en voorsitter van Tisa, sê die instituut erken die belang van belastings op tabakprodukte as ’n belangrike bron van inkomste vir die staatskas.

“Ons is dankbaar teenoor die Tesourie om die belastingverspreiding van 52% op tabakprodukte te handaaf. Namate belastings styg en tabakprodukte duurder raak, buit onwettige operateurs die situasie uit deur belastings te ontduik en tabakprodukte teen veel laer pryse in die mark aan te bied as waarvoor die wettige produkte, waarop wél belasting betaal word, verkoop word, sê Van der Merwe.

Volgens onafhanklike navorsing is 7,9 miljard onwettige sigarette in 2013 in Suid-Afrika verkoop wat 31% van die totale mark verteenwoordig. Sowat 60% van hierdie onwettige sigarette is binne die grense van Suid-Afrika vervaardig.

Die sowat 38% onwettige sigarette wat in 2013 hoofsaaklik vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika gesmokkel is, is immers aansienlik minder as die 50% wat in 2012 langs dieselfde roetes ingesmokkel is.

“Die Tisa ondersteun die Regering se wetstoepassingspogings om die onwettige handel in tabakprodukte hok te slaan. Terselfdertyd versoek die instituut die Regering om die beheer oor die vervaardiging van tabakprodukte te verbeter om sodoende te verseker dat belasting wél op alle plaaslik vervaardigde tabakprodukte betaal word,” sê Van der Merwe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.89
-0.7%
Rand - Pond
20.08
+0.2%
Rand - Euro
17.58
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,714.22
-0.1%
Silwer
20.61
-0.2%
Palladium
2,302.00
+1.9%
Platinum
924.50
+0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,609
+0.7%
Alle aandele
66,039
+0.7%
Hulpbronne 10
63,628
-0.1%
Industriële 25
80,237
+1.3%
Finansiële 15
14,029
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot