AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Aktivis hardloop 200 marathons vir bewustheid oor water

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Me. Mina Guli (middel) het Maandag haar eerste Suid-Afrikaanse marathon vir die Run Blue-veldtog in Nigel, Gauteng voltooi. Foto: Verskaf
Me. Mina Guli (middel) het Maandag haar eerste Suid-Afrikaanse marathon vir die Run Blue-veldtog in Nigel, Gauteng voltooi. Foto: Verskaf
Die wateraktivis en ultramarathon-atleet me. Mina Guli het vandag in Johannesburg aangekom om die Afrika-skof van die Run Blue-veldtog te voltooi.

Die veldtog is daarop gemik om bewustheid oor die globale waterkrisis te bevorder. Om dit te behaal, sal Guli, uitvoerende hoof van die organisasie sonder winsoogmerk Thirst Foundation, vanjaar 200 marathons aflê.

Haar marathons het op Wêreldwaterdag (22 Maart) by Uluru in haar tuisland Australië begin. Sedertdien het sy marathons in Oesbekistan, Tadjikstan, Kenia, Tanzanië, Malawi, Zambië, Zimbabwe en Botswana voltooi. Suid-Afrika is egter vir haar ’n besondere bestemming aangesien sy hier, op die oewer van die Oranjerivier, besluit het dat sy haar lewe daaraan wil wei om die globale waterkrisis op te los.

“Ek het die pyn gehoor in die stemme van die boere en wildbewaarders wat my vertel het dat hul inkomste, lewensbestaan en toekoms saam met die rivier opgedroog het. Ek was geskok. Dit is nie net water wat hulle nodig het nie, maar wat ons nodig het – vir ons kos, ons krag en ons planeet. Net daar het ek besluit genoeg is genoeg en dat ek die res van my lewe daaraan sal wei om alles moontlik te doen om die globale waterkrisis op te los.”

Deur die marathons wil sy bewustheid oor die waterkrisis bevorder, die dringendheid van die probleem uitlig en verseker dat opgetree word om dit op te los. Een van die doelwitte van die veldtog is ook om ondernemings van 200 maatskappye reg oor die wêreld te kry om daadwerklik op te tree voor die Verenigde Nasie se waterberaad in Maart volgende jaar.

Volgens Guli is die impak van water op mense se lewens in Suid-Afrika duidelik, van jong boere wat haar gevra het om vir hul families te bid vir reën, tot kinders op Beaufort-Wes wat skool moet misloop om water af te lewer. “Water is die middelpunt van alles wat ons doen, bou, eet en gebruik. Elke dag. En tog sien ons oral dat dié noodsaaklike hulpbron in gedrang is.”

Terwyl die meeste mense in magsposisies toegang het tot lopende water en produkte wat by ’n winkel gekoop kan word, ervaar een uit elke drie Afrikane die impak van waterskaarsheid en 400 miljoen mense in Afrika suid van die Sahara het nie toegang tot basiese drinkwater nie. Die situasie is aan die vererger – teen 2025 sal ’n beraamde 230 miljoen Afrikane waterskaarsheid ervaar en sal ’n beraamde 460 miljoen in gebiede woon waar die watervoorraad onder druk is.

Om verandering te bewerkstellig, sal volgens Guli veerkragtigheid, moed en samewerking verg. “Ek het groot respek vir die veerkragtigheid van die mense wat in hierdie gebiede woon. Hul vermoë om aan te pas en te oorleef ten spyte van krisisse is ongelooflik. Wat ontbreek, is sterk leierskap van regerings en maatskappye wat hierdie gemeenskappe in staat sal stel om te floreer. Ons leiers moet dieselfde moed hê as die gemeenskappe wat ons reeds besoek het – dít is die tipe moed wat die globale waterkrisis sal oplos.

“Ons het ’n geleentheid in die aanloop tot die waterberaad om ’n stem aan die stemloses te gee, nie net om water op die globale agenda te sit nie, maar ook ondernemings van maatskappye, regerings en individue te kry om die waterkrisis op te los.”

Thirst Foundation het hande met Bayer geneem vir die Run Blue-veldtog. Mnr. Klaus Eckstein, uitvoerende hoof van Bayer Suid-Afrika, sê as ’n voorloper in gesondheid en voeding is die maatskappye se produkte en dienste ontwerp om mense se lewensgehalte te verbeter. “Bayer is daartoe verbind om ’n opbouende bydrae tot die samelewing te maak. Ons holistiese benadering tot probleemoplossing sluit onder meer in om te erken hoe belangrik dit is om tot die globale aksie oor water toe te tree. Ons is trots om ’n vennoot van Mina en die Thirst Foundation te wees en ons deel te doen om ’n toekoms met watersekerheid te verseker.”

Guli het haar eerste marathon in Suid-Afrika Maandag (25 Julie) in Nigel, Gauteng, voltooi. Personeel van Bayer het vir die laaste 5 km by haar aangesluit.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot