“Dit dui daarop dat uiterste weer wat bevorderlik vir die begin en verspreiding van veldbrande is, aangedryf word deur die kombinasie van ’n afname in atmosferiese vogtigheid en stygende temperature,” sê mnr. Trevor Abrahams, besturende direkteur van Suid-Afrika se Werk met Vuur-program.
Volgens Abrahams toon die studie dat bydraende faktore “die waarskynlikheid verhoog dat uiterste brandgebeure wat natuurlik voorkom, meer dikwels sal plaasvind, na nuwe gebiede sal versprei en intenser sal brand as ooit tevore.”
Dit het belangrike implika- sies vir brandbestryding en openbare veiligheid. Abrahams sê dit is nie verbasend nie dat ook in Suid-Afrika ernstige veldbrande in onlangse jare meer gereeld voorkom.