AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Alle stakende Transnet-werknemers moes vandag by die werk wees

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Fredalette Uys
Foto: Fredalette Uys
Alle werknemers van Transnet was veronderstel om vandag by die werk te wees nadat die vakbond Satawu gister sy lede gevra om terug te keer ná ’n staking van 12 dae wat groot druk op die landbousektor geplaas het.

Satawu sê ter wille van die ekonomie en ten spyte van sy ontevredenheid met Untu se aanvaarding van Transnet se loonaanbod, sal hy verdere onderhandelinge intern met Transnet se bestuur voer.

Volgens die Amerikaanse departement van landbou se buitelandse dienste was Suid-Afrika se uitvoer van landbouprodukte teen einde Augustus sterk op pad om die 2021-rekord van $12,4 miljard te oortref. Mielies, tafeldruiwe, sitrus, appels, pere, wyn, neute en wol is van die grootste uitvoerprodukte. Teen 31 Augustus was die totale landbou-uitvoer klaar 6% meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar ($8,9 miljard).

Voor die staking was daar volgens die organisasie plek bespreek op skepe vir beduidende volumes landbouprodukte wat vir oorsese markte bestem was. Die staking het egter veroorsaak dat baie vrugte, onder meer bessies, nie hawens kon verlaat nie. Daar is ook gewaarsku dat 40 000 werknemers in die bessiebedryf se werksgeleenthede direk weens die staking in gedrang gebring is.

Hortgro sê in ’n verklaring die einde van die staking beteken nie dat die vrugtebedryf uit die moeilikheid is nie. “Die uitkringefffek in die waardeketting gaan nog weke gevoel word en veral werkers op grondvlak gaan dit voel.” 

1 000 werkers reeds geraak

Hortgro sê op Grabouw was meer as 1 000 seisoenale werkers by een van die grootste pakhuise in die gebied hul inkomste die afgelope week kwyt as gevolg van die staking. “Die pakhuis se verkoelingsaanleg was vol vrugte en omdat dit nie uitgevoer kon word nie, is die aantal werkers verminder omdat vrugte nie verpak kon word nie,” sê mnr. Gafielden Benjamin, sekretaris-generaal van die Agricultural, Food, Fishing and Retail Industry Workers’ Union (Afriwu). Volgens hom is meeste van die seisoenale werkers wat hul lone kwyt is, vroue en enkelouers.

Teen Woensdag was 70% tot 80% van Transnet-werknemers terug by die werk, luidens ’n verklaring van Transnet.

Untu verteenwoordig die meeste werknemers by Transnet met 24 992 lede (53,9%) op 20 September, maar die driejaar-ooreenkoms is ook op toepassing van werknemers wat nie lede van Untu is nie. Dit is terugwerkend tot April vanjaar en behels ’n 6%-verhoging in salarisse in die eerste jaar, 5,5% in die tweede jaar en weer 6% in die derde jaar.

Transnet sê met die staking amptelik op ’n einde, is die klem by sy hawens nou op die verskeping van vragte wat opgehoop het as gevolg van die staking. Aandag word veral gegee aan vragte op skepe wat in die hawens vasgemeer is. Transnet sê bederfbare produkte en vragte wat tydsgevoelig is, kry voorkeur.

Ingevoerde produkte moet ook so gou as moontlik uit die hawens vervoer word om beweging in en uit terminale te vergemaklik.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot