AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Almal op plase teiken vir aanvalle’

Alle inwoners op plase en hoewes is potensiële slagoffers van misdaad, dus moet die denkwyse dat slagoffers net wit is, reggestel word.

Almal op plase word disproporsioneel tot ander groepe in Suid-Afrika vir aanvalle en moorde geteiken en derhalwe moet veiligheid op plase as voorkeurmisdaad hanteer word.

Dr. Johan Burger, van die afdeling regeerkunde, misdaad en regspleging van die Instituut vir Sekerheidstudies, het op die kongres van Vrystaat Landbou in Bloemfontein gesê ’n unieke benadering is wel nodig in die geval van plaasmoorde, aangesien sowat 125 boere van alle rassegroepe, uitgedruk per 100 000 van die bevolking, in die jaar 2014/’15 vermoor is, teenoor die 57 per 100 000 van die polisielede en 33 per 100 000 van alle Suid-Afrikaners.

Hy sê die land het die afgelope dekade ’n kommerwekkende toename van sowat 247% ondervind in gewelddadige optrede en openbare geweld. Dit het aansienlike druk op die vermoë van die polisie se afdeling vir die handhawing van openbare orde geplaas. Dié afdeling het die afgelope jare van sowat 7 500 tot 4 200 lede verminder, maar het onlangs weer tot 4 700 lede aangesterk.

Slagoffers van misdaad en moord

Volgens Burger is alle inwoners op plase en kleinhoewes potensiële slagoffers van misdaad en moord, derhalwe moet die denkwyse dat slagoffers net wit is, reggestel word.

Volgens ’n verslag van die Komitee van Ondersoek na Plaasaanvalle van 2003 was 61,6%  van die 1 398 slagoffers van plaasaanvalle in 2001 blank met 33,3% swart, 4,4%  Asiër en 0,7%  bruin. Altesaam 12,3% van dié slagoffers is verkrag (29% wit en 71% swart), 10,5% ( of 147) van die slagoffers is vermoor en 34,6% (484) is beseer.

TLU SA se rekords

Volgens die TLU SA se rekords van 1990 tot 2015 is 1 157 boere vermoor (1 083 blank en 74 swart), 473 regstreekse familielede vermoor (440 blank en 33 swart) en 138 werkers vermoor (13 blank en 125 swart).

Burger sê hy vind dit bemoedigend dat die nuwe polisiebestuur landelike beveiliging as ’n prioriteit beskou. “Die landbou moet egter daarmee rekening hou dat ander stygende misdaad-vlakke en openbare geweldpleging groot druk op die polisie se hulpbronne plaas. Die gefokuste benadering wat die landbou sou verkies, het weens politieke redes in die slag gebly en dus word ’n landelike gemeenskapsbenadering in beveiligingsplanne gevolg,” sê hy.

Volgens hom is die nuwe strategie vir landelike beveiliging breër en meer algemeen as sy voorganger. “Gevolglik moet die landbou op ’n meer geïntegreerde basis binne hierdie strategie funksioneer om die veiligheid van boere in die algemeen te verbeter,” is sy aanbeveling.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.66
-0.2%
Rand - Pond
20.21
+0.1%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,720.54
-0.3%
Silwer
20.83
-1.1%
Palladium
2,304.01
-0.8%
Platinum
926.00
-0.8%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot