AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Almal praat nét Dorpers in Paraguay

Die besit van Dorpers is deesdae 'n statussimbool in Paraguay. Danie Coetzee wat al lank daar bly, beskryf die groot opwinding oor dié ras.

Lank laas, indien ooit vantevore, het 'n nuwe ras só 'n stofwolk in die skaapkraal veroorsaak as wat die Dorper-ras die afgelope paar jaar in Paraguay veroorsaak.

Skaapboerdery was in dié land nog altyd baie afgeskeep. Onkunde oor skape het hoogty gevier. Dalk omdat die meeste rasse waarmee geboer word, soos die Hampshire Down, Suffolk en Texel, bietjie wol het wat eintlik net 'n lastigheid is omdat hier geen bemarkingstruktuur bestaan en die kwaliteit van daardie rasse se wol dit nie regverdig om moeite te doen nie.

Die Santa Inés, ontwikkel in Brasilië, 'n kruising tussen die Bergamasca en Morada Nova, met 'n groot dosis woestynskaap-gene het baie veld gewen omdat dit 'n gladdehaar, geharde langbeenskaap is – geen gesukkel met toiingrige skaap nie! Nou praat almal nét Dorper.

Die suksesverhaal van die Dorpers in Paraguay kan veral toegeskryf word aan die entoesiasme van die familie Brits van Finagrain Caaguazu. Oorlede oom Mike het saam met tant Annie hulle trop skape met toewyding versorg. Dit was oom Mike se droom om die Dorper hier te vestig. Op sy aandrang is die eerste vier suiwer Dorper-ooie en 'n ram van Brasilië ingebring. Ongelukkig was dit hom nie beskore om, soos hy genoem het die eerste Laban-lammers, te sien nie. Om die ras erken te kry was 'n redelike burokratiese stryd. Ná die toelating van die ras het Jaco Brits begin om embrio’s direk vanaf Suid-Afrika in te voer en het die kwaliteit met rasse skrede begin verbeter. Vir die embrio-moeders word kruisgeteelde Santa Inés-ooie gebruik wat geselekteer is vir moeder- en melk-eienskappe.

Aanvanklik is nét die swartkop Dorper gebruik maar die afgelope tyd het Wit Dorpers ook hul verskyning gemaak. Dit lyk asof die plaaslike boere die swartkoppe verkies want dit is byna 'n statussimbool om van dié swartkopskape te besit. Dít het op die oomblik bietjie van 'n nadelige effek want alles met 'n swart kop word as Dorper gesmous – sonder die goeie eienskappe van die Dorper.

Gereelde deelname aan al die belangrikste skoue en die hoë pryse wat op die veilings behaal word het die stoetnaam Cabaña Doña Ana deeglik gevestig. Tant Annie (Doña Ana) het aan die begin die administratiewe pligte van die skaapboerdery behartig.

Die afgelope paar jaar het dit eenvoudig té groot geword en het sy saam met Alta dit behartig. Dít en Jaco se betrokkenheid by ander beesboerdery het hulle intussen gedwing om 'n kantoor in Asunción te open waar die twee Brits-seuns Janneman en Petri voltyds werksaam is en geleidelik daardie pligte oorneem.

Op die plaas is die steunpilare Hermi Cortez en Derlis Amarilla. Verlede jaar is 'n bykomende eiendom in die Chaco bekom. 'n Warmer en droër omgewing waar die Dorper dalk beter sal vaar as in die nat ooste van die land, waar heelwat parasiet- en hoefprobleme ondervind word wat meer toesig en beter bestuur verg. Die weiding in die Chaco is hoofsaaklik Panicum maximum (Gatton Panic) en in Caaguazu tifton (Cynodon dactylon Bermuda grass).

Dié mense is bykans deurentyd besig met 'n opleidings- en opvoedingstaak aangesien daar nog baie onkunde oor skaapboerdery hier bestaan. 'n Voorbeeld hiervan is kopers wat opdaag en 'n stoet-ooi en stoetram wil koop en so dadelik met 'n stoetery wil begin dan het hulle nog nie eers die basiese van skaapversorging onder die knie nie. Skaapgenetika en prestasietoetsing is nog heeltemal onbekend.

Só 'n boerdery kan nie bedryf word sonder die regte infrastruktuur nie. Goed beplande onderdakspasie is beskikbaar om in enige weersomstandigheid te doen wat gedoen moet word. Verskuifbare krale word gebruik. Voldoende kampies is beskikbaar om die verskillende troppe te skei hokke vir skou-skape en ooie wat gesinchroniseer moet word vir die volgende rondte van embrio-oorplantins. 'n Goed georganiseerde bedryf wat glad geolie loop.

Die skaapbedryf – hoewel nog in sy kinderskoene – het die potensiaal om te ontwikkel in 'n  verdiener van buitelandse valuta vir die land wat reeds gevestig is as 'n uitvoerder van beesvleis. Groot planne vir abattoirs slegs vir skape en veeartsenybelange wat spesialiseer in die uitbreiding van skaapgetalle word beoog

'n Suksesverhaal van Suid-Afrikaners wat in die buiteland hulle voetspore duidelik trap! Besoek die webwerf hier: http://www.cabanadonaana.com of kyk na die fotogalery. Foto's deur Danie Coezee

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.11
+0.5%
Rand - Euro
17.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot