AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Almal tas in donker oor grondbesit

Ál wat duidelik oor grondbesit in Suid-Afrika is, is dat niemand weet hoeveel grond wit of swart boere besit nie.

Die groot vraag is steeds watter maatstaaf gebruik kan word om vas te stel hoeveel grond in swart hande is, want die Regering se grondoudit is onbetroubaar, sê mnr. Kevin Mileham, DA-LP.

Mnr. Lechesa Tsenoli, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, het in die Nasionale Vergadering aangedui dat die grondoudit steeds nie 100% voltooi is nie.

Die grondoudit dui aan dat die staat sowat 26 miljoen ha (22%) besit en dat 96 miljoen ha (78%) in private hande is. Hoewel die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming die stukke grond wat in die hande van die staat is, fisiek geverifieër het, sukkel hy steeds om vas te stel hoeveel grond werklik deur die verskillende rasse in die land besit word, omdat die aktekantoor sedert die demokratiese bestel nie vir ras voorsiening maak nie.

Moet oudit voltooi
Tsenoli het gesê dit is belangrik dat die oudit heeltemal voltooi word om behoorlike beplanning te kan doen vir die Nasionale Ontwikkelingsplan.

Mileham het gesê die grondoudit slaag geensins daarin om die patrone van eienaarskap in die land te identifiseer nie, en of daar gunstige transformasie met betrekking tot eienaarskap sedert 1994 was.

“Ons kan glad nie die oudit gebruik om te sien of die teikens van grondhervorming bereik word nie.”

Die oudit wys wel uit dat groot stukke grond in staatsbesit it. Mileham het gesê 14% van dié grond kan in ’n baie kort tydperk aangewend word vir grondhervorming. Verskeie onafhanklike studies wys dat private swart eienaarskap van landbougrond in munisipaliteite tussen 15% tot 28% strek.

Behoorlike oudit nodig
Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-LP, het gesê  indien daar nie ’n behoorlike oudit is van hoeveel landbougrond deur swart en wit boere besit word nie, kan die Regering nie sê hoe ver hy is met die oordra van 30% landbougrond aan swart boere nie.

Dit is duidelik uit parlementêre antwoorde van mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, dat sy departement nie weet hoeveel grond deur wit of swart boere besit word nie.

“In een antwoord sê hy dat 7,2 miljoen hektaar uit ’n totaal van 24,5 miljoen hektaar reeds aan swart boere oorgedra is. Dit is slegs 9,8% van die 30% teiken. “Die minister sluit nie kommunale grond of staatsgrond in nie,” het Groenewald gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot