AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Almal wen’ in 50/50-projek in KZN

Die eerste boer wat aan die 50/50-plan deelneem meen sy model bevoordeel almal sonder om homself te verarm.

Die eerste plaas in mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, se kontroversiële 50/50-grondhervormingsplan, Westcliffe Boerdery naby Greytown in KwaZulu-Natal, is op 20 Augustus deur Nkwinti ingehuldig.

Nkwinti se departement, tesame met die Nasionale Bemagtigingsfonds (NBF) het die onderhandelinge met die voormalige eienaar van Westcliffe en nou die gesamentlike eienaar van die plaas, wat nou Khamanzi Farming Project (KFP) heet, mnr. Andrew Braithwaite, hanteer.

Die boerdery binne KFP beslaan 540 ha met 270 ha suikerriet, 140 ha kommersiële boomplantasies en ’n 10-hektaar besproeide koolboerdery. Volgens mnr. Andy Buchan, voorsitter van Kwanalu, is hierdie stap ’n bewys dat boere bereid is om hulle steun te gee aan ’n grondhervormingsproses wat vaardigheid oordrag en volhoubaarheid verseker.

“Kwanalu sal altyd toegewyd wees tot werkbare, volhoubare transformasie wat sosiale opheffing ten doel het.”

90% van grond verkoop

Braithwaite het beide positiewe en negatiewe reaksie van sy buurmanne ervaar. “Ek dink daar was heelwat vrese dat ’n situasie wat buite beheer raak op hulle buurplase sal uitbreek, maar sodra hulle die model wat ons gebruik, wat deur mnr. Anthony Edmund ontwikkel is, verstaan, verdwyn hierdie vrese.

“Binne hierdie model het ek 90% van my grond aan die Regering verkoop en slegs 50% van my besigheid behou. ’n Werkerstrust besit 45% van die besigheid en die NBF besit die oorblywende 5%. Aanvanklik het ek voorgestel dat die Werkerstrust die grond moet besit, maar om te verhoed dat grond aanhoudend deur die Regering teruggekoop moet word weens bemagtigingsprojekte wat misluk, is daar ooreengekom dat die Regering tans die grond besit en na 10 jaar, indien die projek ’n sukses is, kan die trust die grond van die Regering koop.

“Tans word die grond van die Regering teruggehuur teen ’n baie billike prys wat ons in staat stel om aansienlike uitbreidings te kan bekostig. Die werkers is ook bewus gemaak van die feit dat daar vir die volgende drie jaar geen dividend sal wees nie, juis omdat ons die besigheid wil uitbrei.

“Alhoewel minister Nkwinti se voorstel in 2014 dus baie kontroversieel was, is die model wat ons gebruik het tot voordeel van die plaaswerker, die Regering én die kommersiële boer. Die plaaswerker se lewenspeil word aansienlik verbeter en hulle erns oor die boerdery neem drasties toe, wat beteken dat hulle ’n groter bate vir die boerdery word.

“Tweedens spreek ons die grondhervormingkwessie doeltreffend aan, al gaan die grond vir eers na die Regering en nie na die werkers nie. Derdens is dit ’n baie aantreklike geleentheid vir die kommersiële boer, omdat dit geleentheid skep vir uitbreiding en ontwikkeling.

“Laastens skep dit ’n positiewe ‘klank’ in die land. Al wat ons deesdae hoor is negatiwiteit en verdeeldheid. Edmunds het bewys dat hierdie model ’n brullende sukses kan wees en hoe meer boere dit doen, hoe meer positiewe geluide gaan daar gemaak word oor kommersiële boere en oor die landbou terwyl vooruitgang verseker word,” verduidelik Braithwaite.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot