AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Altesaam 248 gesteelde skape terug by hul eienaars

akkreditasie
Sommige van die gesteelde skape wat in Utrecht gevind is. Foto: Verskaf deur SAPD
Sommige van die gesteelde skape wat in Utrecht gevind is. Foto: Verskaf deur SAPD
Die polisie het die afgelope week daarin geslaag om 248 gesteelde skape in die Vrystaat en KwaZulu-Natal aan hul wettige eienaars terug te besorg.

Danksy die polisie se vinnige reaksie is 50 gesteelde skape, 48 Dorper-ooie en twee -ramme, aan hul eienaar terugbesorg nadat hulle die nag van Sondag 19 Februarie by Brandfort gesteel is, sê me. Isabel Kruger van die Vrystaatse Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se veediefstalvoorkomingsforum. Die skape is R155 000 werd.

Die polisie het die skape se spore vir 30 km gevolg. Die skape is opgespoor in ’n tydelike kraal in digte bosse by die munisipale weikamp naby die dorp. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Kruger meen die polisie se vinnige reaksie sal verseker dat boere se vertroue in die regstelsel sal verbeter.

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis by Vrystaat Landbou, sê dat Brandfort al geruime tyd onder misdaad, wat veediefstal insluit, gebuk gaan. Gedurende die 2021-kalenderjaar is vee ter waarde van R6 miljoen by Brandfort gesteel. In 24 van die 53 voorvalle wat gedurende dié tydperk aangemeld is, is van 10 tot 79 stuks vee op een slag van plase af gesteel.

“Dit wys dat groot getalle Vrystaat vee op een slag vanaf plase gesteel word. Dit is georganiseerde misdaad wat tot groot verliese onder kommersiële boere lei.”

Die RPO, Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee en die plaaslike boerderygemeenskap het verskeie ingrepe gevra sodat die polisie kan help om veediefstal doeltreffend te bekamp.

Die polisie in KwaZulu-Natal het 198 van 220 skape wat op 20 en 21 Februarie van ’n plaas by Groenvlei gesteel is, aan hul wettige eienaar terugbesorg. Die skape wat gevind is, is volgens die polisie R495 000 werd.

Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het beamptes van die Amajuba-veediefstalvoorkomingseenheid gereageer nadat hulle inligting ontvang het oor waar die gesteelde skape is. Die inligting het hulle na verskillende gebiede in Utrecht gelei waar 198 van die gesteelde skape gevind is.

Die skape is vermoedelik uit ’n weidingskamp gesteel. Daar word verder na die ander skape asook verdagtes gesoek.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.2%
Rand - Euro
17.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,713.86
+0.1%
Silwer
20.81
+0.7%
Palladium
2,271.47
+0.4%
Platinum
929.00
+0.4%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot