
Mnr. Allen Rodgers, ’n Amerikaner wat die plaas Geluk naby Ladybrand bestuur, is deur drie mans aangeval wat hom in sy plaashuis ingewag het.
Die aanvallers het ook sy vriendin, Mandy, in die huis oorval en vasgebind. Volgens ’n boer van die distrik is Rodgers “sleg gewond”.
Die aanvallers het glo sowat R10 000 en selfone gesteel. Volgens mev. Amanda Appelgryn van die Bloemfontein Medi-Clinic is Rodgers in ’n stabiele toestand in die hospital.
Rodgers boer vir die Amerikaanse maatskappy SBH Farms, wat onlang werkers op die plaas afgelê het. Daar word nou gespekuleer dat die afleggings moontlik iets met die aanval te doen kan hê.
Landbou.com het Maandag (13 Augustus 2012) berig van ’n plaasaanval by Hartebeesfontein waarin mev. Ronél van Eyk vermoor is, sowel as ’n plaasaanval by Jansenville waarin mnr. Owen Charles vermoor en sy vrou, Janet, ernstig beseer is.
Bron: Volksblad