AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Amper 40 000 grondeise in KZN, Vrystaat

Sowat 40 000 grondeise is in die Vrystaat en KZN ingedien sedert Junie 2014, toe die tweede rondte van grondeise begin het.

KwaZulu-Natal en die Vrystaat is die voorlopers in die tweede rondte van grondeise wat ingestel word sedert die grondeiseproses in Junie 2014 van krag is. Bykans 40 000 eise is in dié twee provinsies ingedien. Dit is meer as die helfte van die eise wat in die eerste eisproses ingedien is. Die vorige eisproses het vanaf 1994 tot 1998 gestrek.

Die Kommissie vir die Herstel van Grondregte het teen 25 Februarie vanjaar, in minder as twee jaar van die eisproses, reeds 133 778 nuwe eise ontvang. Hierdie eise is reeds byna dubbel die hoeveelheid eise wat teen 1998 in die eerste rondte ingedien was.

Die gewysigde Wet op die Herstel van Grondregte is in 2014 bekragtig, wat die restitusieproses oopgestel het vir ’n tydperk van vyf jaar, wat strek vanaf 1 Julie 2014 tot 30 Junie 2019. Na skatting is glo 3,5 miljoen mense van hul grond verwyder weens wette of praktyke wat ná 19 Junie 1913 ingestel is.

Grondeise in die provinsies

Landbouweekblad het syfers bekom wat by die verskillende provinsies ingedien is. Altesaam 118 233 eise is by die 14 kantore regoor die land én die ses mobiele kantore ingedien. Altesaam 13 985 eise is by die mobiele kantore ingedien. (Dit is ingesluit by die 118 233 eise.)

Van die altesaam 104 248 eise wat by die provinsiale eiskantore ingedien is, loop KwaZulu-Natal sover voor met 20 836 eise. Hiervan is 16 953 eise by die kommissie se kantore in Pietermaritzburg en 3 883 eise by die kantore in Vryheid ingedien.

In die Vrystaat is die tweede meeste eise, 19 054, by die Bloemfonteinse kantoor ingedien. Dit word gevolg deur die Gautengse kantoor in Arcadia met 17 333 eise en 12 504 eise in die Wes-Kaap, waarvan 9 271 eise by die Kaapstadse kantoor en 3 233 by die kantoor in George ingehandig is.

In Polokwane, Limpopo, is 9 859 en in die Oos-Kaap is 9 709 grondeise ingedien, waarvan 5 008 in Oos-Londen en 4 701 in Queenstown ingedien is.

In Mpumalanga is altesaam 6 961 eise ingedien, met 3 245 in Witbank en 3 716 in Nelspruit. Altesaam 6 338 eise is in die Noordwes ingedien, met 4 212 by die kantore in Mahikeng en 2 126 in Vryburg. In Kimberley in die Noord-Kaap is die minste eise, 1 654, ingedien.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
19.32
+0.4%
Rand - Euro
17.39
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,638.31
-0.3%
Silwer
18.80
-0.4%
Palladium
2,057.27
-0.8%
Platinum
861.50
+0.4%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons sien
Ek lewe vir die buitelewe en die bos. Ek hou van jag, visvang, herlaai en skiet. My uitkyk op die lewe is om altyd eerlik te wees. Ek geniet intelligente geselskap.
Ek wil weer in liefde glo
Ek is energiek, spontaan, lewenslustig, positiewe uitkyk op die lewe. Hou van buite lewe. Ek is ñ mense mens en is gek oor diere. Ek is saf van geaardheid maar baie ferm in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot