AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6905
-15,00
CORN
19 Okt
-
3078
-7,00
SOYA
19 Okt
-
7180
-25,00
SUNS
19 Okt
-
9910
182,00
WEAT
19 Okt
-
5730
-12,00
WMAZ
19 Okt
-
3178,40
-21,60
YMAZ
19 Okt
-
3341,2
-14,80
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

ANC moet wegstap van onteiening met nulvergoeding

akkreditasie
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
Die ANC moet die flater erken wat hy gemaak het met sy poging om onteining met nulvergoeding af te dwing.

Die ANC moet die flater erken wat hy gemaak het met sy poging om onteining met nulvergoeding af te dwing, wegstap daarvan en plaaslike en internasionale entrepreneurs oortuig dat dit veilig is om in Suid-Afrika te belê, meen Saai.

Dit is duidelik dat die ANC nie die vereiste meerderheid van twee derdes in die parlement gaan kry om die Grondwet te verander om onteiening met nulvergoeding eksplisiet in artikel 25 in te skryf nie.

Die EFF het reeds in die ad hoc-komitee, wat belas is om die wysigingswetgewing op te stel, aangedui dat hy nie saam met die ANC sal stem om dit te vermag nie. Die afgelope ruk is ’n verteenwoordiger van die EFF nie in die komiteevergaderings gesien nie. Die DA, ACDP en die VF Plus staan van die begin af so ’n wysiging teen.

Skade

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sê  onteiening sonder vergoeding is ’n konsep wat aan ’n vervloë era van die Koue Oorlog en kommunisme behoort. Die ANC moet daarvan afsien sodat Suid-Afrika op die herstelpad kan kom.

Die regering se beheptheid met dié konsep is die oorsaak van massiewe disinvestering, die gebrek aan groei en mededingendheid, werksverlies, die inploffing van die Land Bank en ekonomiese verval.

Die Land Bank se leningsboek bestaan uit die landbou, waarvan die finansiering op grondbesit as sekuriteit berus. Dreigemente om grond sonder vergoeding te onteien het ernstige ongunstige gevolge vir elke boer en handelsbank, maar vir die Land Bank het dit die voortbestaan van die bank in gedrang gebring.

De Jager sê die ANC moes lankal uit die reaksie van Suid-Afrika se handelsvennote, die Europese Unie (EU), die Verenigde Nasies (VN) en ander multilaterale internasionale instellings afgelei het dat sy verbintenis tot onteiening sonder vergoeding Suid-Afrika weer tot muishondstatus sal verdoem, soortgelyk aan Zimbabwe en Venezuela.

“Niemand belê in ’n land waar beleggers die risiko loop om sonder vergoeding onteien te word nie.  Nêrens het onteiening sonder vergoeding óf teen minder as markwaarde in gedwonge transaksies ’n goeie uitkoms gehad nie.”

Slenter

Die blote feit dat die ANC die sakesektor, werkgewers, belastingbetalers en beleggers se hoofsaaklik skriftelike insette in die openbare konsultasieproses met ’n slenter uit die weg moes ruim sodat staatgemaak moet word op onsamehangende mondelingse insette van mense wat na ontoeganklike plekke aangery is, was al ’n aanduiding dat niks goeds uit dié idee kan voortspruit nie.

Saai werk elke dag met wit én swart familieboere wat ly onder die kleinlike binnepolitiek in die ANC wat tot die mosie oor onteiening sonder vergoeding aanleiding gegee het, sê De Jager.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.53
+1.2%
Rand - Pond
20.06
+0.7%
Rand - Euro
16.90
+1.0%
Rand - Aus dollar
10.87
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,769.80
+0.2%
Silwer
23.69
+2.1%
Palladium
2,102.50
+3.9%
Platinum
1,043.68
+0.4%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,190
-0.1%
Alle aandele
66,776
-0.0%
Hulpbronne 10
63,288
-0.5%
Industriële 25
84,981
+0.6%
Finansiële 15
14,022
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekker kos met lekker wyn
Saggeaard rustig, hou van kamp en buitelewe. Stokperdjie is radio amateur. Wil nie baklei en argimenteer nie. Ek gaan graag met my motorhome kamp op afgelee plekke. Ek is...
I was made for you
God het my n liefdevolle en unieke vrou gemaak. Hy het my glimlag gemaak uit sonlig my n hart van goud gegee. Ek Wil lewe, lag en gelukkig wees. Altyd Baie liefde om uit te deel...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot