AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

ANC sal grondkwessie konserwatief pak

Die ANC sê hy sal hom nie by anargiste skaar wat die herverdeling van grond betref nie, maar eerder stabiele vooruitgang nastreef.

Die ANC is konserwatief en sal hom nie by anargiste skaar om die kwessie oor die herverdeling van grond aan te pak nie.

Hiermee het mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, weer eens die party se verbintenis tot die behoud van die eiendomsklousule in die Grondwet uitgespreek.

Nkwinti het gesê die ANC sal nie die EFF se aanbod aanvaar dat hy die party sal steun om wysigings in die Grondwet aan te bring nie. “Die EFF beteken Everything For Free, en dit is anargie.”

Die ANC verkies eerder om die pad van stabiele vooruitgang, die bou van 'n nie-rassige samelewing te volg en ook om voldoende konsensus te bereik voordat beleid ingestel word.

“Dit is die bepalings van die ANC om die land saam vorentoe te laat beweeg. Daar kan nie verhoudinge gesmee word met mense wat anargisties is nie. Anargie is nie 'n ideologie nie,” het hy gesê.

Die party voel ook geen druk van die ultra-linkse partye tot liberale regses nie.

Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming sal vanjaar die Wetsontwerp op die Regulasies vir Grondbesitreg (Regulation of Land Holdings Bill 2014) na die Parlement bring. Die wetgewing maak voorsiening vir die totstandbring van 'n grondkommissie, die klassifisering van hoe grond beheer gaan word, die vasstel van grondplafonne en die regulering van grondeienaarskap van buitelanders.

Die wetsontwerp sal ook die wetlike raamwerk skep vir die bekendmaking van ras, geslag en die nasionaliteit van eienaars van grond en eiendom. Hoewel die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming die stukke grond wat in die hande van die staat is, fisiek geverifieer het, sukkel hy steeds om vas te stel hoeveel grond werklik deur die verskillende rasse in die land besit word.

Dít is omdat die aktekantoor sedert die demokratiese bestel nie vir ras voorsiening maak nie. Die eerste fase van die grondoudit het aangedui dat 79% grond in private hande is, 14% deur die staat besit word en dat 7% van die land se grond nie in die akteregister aangeteken is nie.

Die Regering is ook van plan om grond sonder vergoeding te onteien waar grond op onwettige wyse bekom is of waar grond vir onwettige doeleindes gebruik word.

Nkwinti het verduidelik dat die Wetsontwerp op die Regulasies vir Grondbesitreg die soort kwessies ook sal hanteer. “Ons wil sien waarvoor die grond gebruik word en of grond deur misdadige aktiwiteite bekom is.”

Die Regering sal ook deur middel van dié wetgewing voortstoom met sy planne dat buitelanders in die toekoms slegs grond vir 'n tydperk van 30 jaar kan huur en nie die eienaars van grond kan wees nie.

Hy het toegegee dat die land wetlik nie anders sal kan as om met die kombinasie van vrypag en huurpag vir grondbesit voort te gaan nie. Die rede hiervoor is dat die grondwetlike toets dalk nie geslaag sal word om die eienaarskap van grond deur buitelanders terugwerkend toe te pas nie.

Nkwinti het benadruk dat die ANC hom eerder sal berus om stabiliteit in belang van die vooruitgang van die land na te streef, wat 'n gebalanseerde resolusie is, as om grond wat buitelanders reeds besit, af te vat.

Hy het in sy begrotingsrede aangedui dat meer as 3 000 grondeise ingestel is sedert grondeise op 1 Julie heroopgestel is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-0.3%
Rand - Pond
20.06
+0.4%
Rand - Euro
17.61
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,715.38
-0.1%
Silwer
20.58
-0.3%
Palladium
2,286.25
+1.2%
Platinum
927.00
+0.5%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,482
+0.5%
Alle aandele
65,879
+0.4%
Hulpbronne 10
62,871
-1.3%
Industriële 25
80,292
+1.3%
Finansiële 15
14,079
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot