AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9920,8
51,80
CORN
07 Feb
-
4653,2
42,20
SOYA
07 Feb
-
9430
10,00
SUNS
07 Feb
-
10960
-120,00
WEAT
07 Feb
-
6770
35,00
WMAZ
07 Feb
-
4321,2
10,20
YMAZ
07 Feb
-
4454
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

ANC se grondplafon onsinnig – Kirsten

Die ANC se besluit oor een grondplafon vir alle plase in SA is onsinnig, sê prof Johann Kirsten.

Dit is ’n jammerte dat landbou-ekonome se kundigheid selde ingespan word voordat besluite – soos die ANC se plan met ’n grondplafon – geneem word, sê prof. Johann Kirsten van die Universiteit van Pretoria.

Kirsten is die hoof van die departement landbou-ekonomie, voorligting en landelike ontwikkeling. Hy sê dit is gewoonlik mense met géén boerdery-agtergrond en géén ekonomiese kennis wat dié planne beraam, soos die grondplafon wat boere se grondbesit tot 12 000 ha of twee plase wil beperk.

“Hoewel daar al twee jaar oor die plafon gepraat word, is dit die eerste keer wat dit gekwantifiseer word. Dit lei tot baie vrae: Hoekom 12 000 ha? Is die kontant wat op die plaas gegenereer moet word, in ag geneem? Is berekeninge gegrond op heeltydse of deeltydse boerdery? Is dit byvoorbeeld 12 000 ha suikerrietlande, of tafeldruiwe onder besproeiing, of ’n veeplaas (soos waarop mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC) boer, of in die woestyn?

“Almal weet alle plase van 12 000 ha kan nie aan mekaar gelykgestel word nie. ’n Plaas van 12 000 ha met tafeldruiwe is ’n multimiljoenrand-boerdery met duisende werkers, terwyl ’n 12 000 ha-veeboerdery in die Richtersveld skaars een gesin kan onderhou.”

Kirsten beklemtoon dat een grondplafon onsinnig is. Dit sal moet verskil vir elke tipe boerdery en klimaatstreek in Suid-Afrika, met inagneming van boerdery-inkomste, skuld-bate-verhoudings, produksie per hektaar, en skommelinge in klimaat en prys. “Selfs dan bly dit belaglik omdat dit nie ingestel of bestuur sal kan word nie.

“Veronderstel byvoorbeeld die mielieprys styg tot R10 000/ton. Moet die plafon dan afwaarts aangepas word tot 10 000 ha en die boer verplig word om 2 000 ha te verkoop? Die volgende jaar val die prys dalk tot R8 000/ton en die oes is ook 30% kleiner. Moet die plafon nou weer gelig word?”

Kirsten vra ook wat die vlak van inkomste is wat deur die plafon bepaal word. Hy illustreer dit aan die hand van ’n parlementslid se salaris as die norm: “Die bruto inkomste van die parlementslid is R933 852 en ná belasting neem hy R457 587 huistoe. As ’n boer dieselfde bedrag moet verdien, hoe groot moet die plase in die verskillende dele van Suid-Afrika wees? Die kort antwoord is dat groottes oral sal verskil.”

Om ’n berekening te kan doen, is inligting oor produksievolume per hektaar, produksiekoste per hektaar, produkpryse, skuld, finansieringskoste, arbeidskoste en alle ander oorhoofse koste nodig.

Kirsten wys ook daarop dat nie alle plase altyd ’n wins maak nie. ’n Verlies is vanjaar moontlik vir die meeste boere in die mielieproduserende gebiede as opbrengs en prys in ag geneem word: “Daar kan dus nie bereken word hoeveel hektaar nodig is om die parlementslid se salaris te genereer nie. Hoe meer hektare in hierdie geval, hoe groter is die verlies. As jy gelukkig is met goeie grond, goeie bestuur, goeie reënval, ’n perfekte groeiseisoen en goeie kultivars, kan jy ’n opbrengs van 6 ton mielies/ha hê wat teen die huidge prys ’n klein wins van R48/ha sal oplewer.

Om die parlementslid se geld in sy sak te kan ewenaar, sal die boer 9 533 ha se ten volle aangeplante mielies moet hê. Daarvoor sal hy jaarliks R96 miljoen by die bank moet leen om sy produksiekoste te dek. Die risiko is syne. Wie is bereid om R96 miljoen teen ’n risiko te leen net om – as hy baie gelukkig is – R450 000 te verdien?”

Dit is dié tipe berekenings wat nodig is vir elke moontlike produksiegebied en -stelsel, en selfs dan is daar nog onvoorspelbare faktore, soos reënval, opbrengs en prys, wat sake bemoeilik.

Kirsten sê landbou-ekonome is nie gekant teen grondhervorming nie. Hulle wil net hê boerderye moet ekonomies kan oorleef. Hy pleit by die departement en politici om van die bestaande kundigheid gebruik te maak voordat op onwerkbare planne besluit word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
+0.1%
Rand - Pond
21.20
+0.1%
Rand - Euro
18.92
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
974.69
+0.1%
Palladium
1,589.56
-0.6%
Goud
1,875.95
+0.4%
Silwer
22.43
+0.7%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,289
-0.3%
Alle aandele
79,371
-0.3%
Hulpbronne 10
73,708
-0.5%
Industriële 25
103,091
-0.0%
Finansiële 15
16,274
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
[removed]
eks eerlik opreg en lojaal teenoor my maar. ek geniet die buite lewe is avontuur lustig Hou van mense wat eerlik en opreg is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot