AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

ANC se uitsprake oor grond ‘verwar’

Die ANC se verwarrende uitsprake oor grond rig groot skade in die landbou aan, sê dr. Pieter Mulder.

Die ANC-regering se verwarrende uitsprake oor grond skep onsekerheid wat besig is om groot skade aan landbou in Suid-Afrika te veroorsaak, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder het in 'n ledeverklaring in die Parlement gesê aan die een kant het adjunk-pres. Cyril Ramaphosa verlede week kommersiële landbouers in Limpopo aangemoedig om opnuut in die landbou te belê en as wildboere hul belange uit te brei.

Terselfdertyd forseer die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, mnr. Gugile Nkwinti, sekere voorstelle deur die grondberaad dat spesifieke plafonne geplaas moet word op die hoeveelheid grond wat landbouers mag besit, sê Mulder.

“Die riglyne wat hy stel is prakties onuitvoerbaar en nog moeiliker afdwingbaar. Hierdie voorstelle word gemaak terwyl daar nog debat gevoer word en geen duidelikheid is oor die posisie van die minister se voorstel dat landbouers 50% van hul grond aan hul plaaswerkers moet afstaan nie.

“Die saak word verder vertroebel deurdat City Press berig dat die 50%-voorstel die minister se eie voorstel is en dat hy nie goedkeuring van enige van die ANC-strukture of regeringstrukture gehad het om so 'n voorstel te maak nie. Die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) het in hoofstuk ses boonop ander voorstelle vir grondhervorming op distriksvlak.

“As geluister word na die ANC se sekretaris-generaal, mnr. Gwede Mantashe, se uitsprake oor grond teenoor kommersiële landbouers, klink dit of hy eerder die Nasionale Ontwikkelingsplan se voorstelle verkies bó die verskillende Nkwinti-planne. Dan wag ons ook nog vir duidelikheid oor wat presies die nuwe onteieningswet behels wat deur die Kabinet goedgekeur is.

“Die Regering moet besef dat die aankondiging van allerlei ondeurdagte grondplanne, waaroor nie konsensus met al die rolspelers bereik is nie, onherstelbare skade aan die landbou aanrig.

“Tans neem landbouers ingrypende besluite om byvoorbeeld hulle totale boerdery na ander Afrikastate te neem, of na Australië te verhuis, of beleggings en uitbreidings te staak, of om werkers se getalle af te skaal op grond van hierdie deurmekaar beleidstandpunte. Dit veroorsaak permanente skade aan die Suid-Afrikaanse landbou en is tot groot nadeel van voedselsekerheid in Suid-Afrika,” sê Mulder.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.18
+0.1%
Rand - Pond
21.31
+0.3%
Rand - Euro
18.69
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
1,018.15
+0.6%
Palladium
1,645.80
+1.7%
Goud
1,930.11
+0.1%
Silwer
23.69
+0.4%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
0.0%
Alle aandele
80,791
0.0%
Hulpbronne 10
77,871
0.0%
Industriële 25
103,872
0.0%
Finansiële 15
16,281
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot