AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

ANC-uitsprake gaan erger raak – Pakendorf

Boere moet hulle staal teen nóg wilde uitsprake wat vanjaar uit ANC-geledere gaan kom, meen mnr. Harald Pakendorf.

Dié reaksie volg op nóg ’n aanval wat die ANC-jeugliga die afgelope week gedoen het op “wit boere” en die land se Grondwet, wat eiendomsreg beskerm,.

Pakendorf, ’n bekende politieke ontleder, sê dit is voor die hand liggend dat boere hulle sal bekommerd oor die uitsprake wat gemaak word. Hy meen egter dat boere meer moet fokus op dít wat die party se hoofleiers sê en nie wat “die massas kwytraak” nie. “Ons moet onthou dat die ANC ’n groot organisasie is, dus baie verskillende standpunte sal binne die party bestaan.”

In dieselfde week wat die ANC-jeugliga kritiek uitgespreek het, het mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, sogenaamde “super boere” ontmoet om hul menings oor grondhervorming en voedselsekerheid te vra. Volgens mediaberigte het Mantashe gesê hoewel hulle grondhervorming wil toepas, is die party ook bedag op voedselsekerheid.

Leierloos

Pakendorf sê geen twyfel bestaan dat die ANC tans “leierloos” is nie. “Zuma sê die minimum en laat die spreekwoordelike Gods water oor Gods akker loop omdat hy nie sy kans op ’n herverkiesing in Mangaung in Desember wil kelder nie.”

“So, ek wil vir boere sê dié uitsprake gaan nog kom, en dit gaan heel moontlik onbeantwoord bly deur die hoofleiers, maar steur julle aan dít wat die hoofleiers sê,” aldus Pakendorf. Die ANC hou einde vanjaar sy nasionale verkiesingskonferensie in Bloemfontein.

Intussen sê dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, die ANC maak ’n fout om met individuele boere te praat en nie met landbou-organisasies wie se leiers gekies is om namens boere te praat nie. Luidens ’n berig in Die Burger het De Jager op Mpumalanga Landbou se jaarlikse kongres gesê die ANC kan die hele bedryf beïnvloed as hy praat met die mense wat deur die hele land se boere verkies is om namens hulle te praat.

“Probleme moet uitgepraat word, maar as jy kortpaaie vat, beland jy in ’n doodloopstraat. Daar is nie maklike antwoorde op moeilike vrae nie,” aldus De Jager.

Uitsprake
Wat wilde uitsprake betref, sê De Jager: “Dit is beter om nou kalm te bly en nie te val vir uitlatings soos dié (deur Lamola) nie. Ons moet nie paniekerig raak nie. Onthou net, hy (die jeugliga) is nie ’n beleidmaker nie, maar bloot ’n beïnvloeder, soos ons.”

Volgens De Jager weeg die landbou se steunbasis swaarder as dié van die jeugliga: “Ek besef dis ’n hansworsjaar en dit gaan nog erger word voor die ANC se leiersverkiesing einde vanjaar.” Hy sê Agri SA sal intussen met sy gesprekke met die ANC voortgaan, en by die reëls hou en nie buite die Grondwet optree nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot